Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nuwe mylpaal vir VW Polo-fabriek

Volkswagen Suid-Afrika (VWSA) het onlangs die 200 000ste VW Polo vir die uitvoermark vervaardig.

polo
Die 200 000ste Volkswagen Polo het op 31 Januarie uit die fabriek in Uitenhage gery. Foto: Volkswagen Suid-Afrika

Dit bring ook die totale aantal uitvoer-VW’s wat plaaslik vervaardig is, op meer as miljoen - 1 098 960 om presies te wees – te staan. Die mylpaal is op 31 Januarie behaal.

Die Uitenhage-fabriek vervaardig die nuutste generasie Polo’s sedert September 2017. Die motors word wêreldwyd na lande uitgevoer met regterhandstuur en na enkele lande met linkerhandstuur.

Dit volg op ’n rekordjaar vir VWSA, met 161 954 voertuie wat in 2019 vervaardig is. Dis 24 196 oftewel 17,6% meer as die vorige rekord, wat reeds in 2011 opgestel is.

Van die 161 954 voertuie wat vervaardig is, is 108 422 uitgevoer terwyl 53 532 vir die plaaslike mark vervaardig is.

In totaal is daar 131 365 Polo’s en 30 589 Polo Vivo’s vervaardig.

VWSA het nou ’n markaandeel van 23,4% van alle passasiersmotors op die land se paaie.

Nog ’n rekord wat VWSA in 2019 opgestel is, was in Oktober. Die 16 453 voertuie wat hy in dié maand vervaardig het, was die meeste nóg wat in ’n enkele maand vervaardig is.

Die vorige rekord was 15 131 voertuie wat hy in Oktober 2009 vervaardig het.

Thomas Schaefer, VWSA se voorsitter en besturende direkteur, sê die groep is vasbeslote om in 2020 dié prestasie uit te bou, sowel plaaslik as in uitvoermarkte, “en ons bly daartoe verbind om uitnemendheid aan al ons klante en die groter gemeenskap te lewer”.

Volgens die Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) is 10,2% (386 863) meer motors van alle handelsname in 2019 uitgevoer as in 2018.

Meer oor:  Naamsa  |  Volkswagen  |  Polo  |  Motorbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.