Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nuwe naam vir Prestige Academy, Lisof

’n Nuwe instelling vir tersiêre onderrig het effektiewelik dié week tot stand gekom toe vier akademiese instellings na dié van hul moedermaatskappy, Stadio, hernoem is.

k
80% van Stadio se studente leer aanlyn. Foto: Pixabay

Dit beteken die Southern Business School, Embury, Lisof en Prestige Academy word nou almal Stadio-kampusse.

Die proses is reeds in Augustus 2019 begin en die departement van onderwys het in Mei toestemming daarvoor gegee.

Die genoteerde maatskappy beskou dit as meer as net ’n naamsverandering omdat beoog word om meer kursusse by elke instelling aan te bied.

Twee van Stadio se instellings, die Milpark-sakeskool en die rolprentskool Afda, behou vir eers hul naam.

Stadio het vroeër gesê Milpark behou sy naam omdat hy staatmaak op korporatiewe kliënte en ’n hoër gradering vir breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging benodig. Afda se skuif na die naam Stadio gaan egter eers oor sowat twee jaar ingefaseer word om enige risiko met die naamsverandering te verminder.

Stadio se tien kampusse huisves vyf fakulteite en bied meer as 50 geakkrediteerde kwalifikasies aan meer as 20 000 studente.

Nagenoeg 80% van studente maak van afstandsonderrig gebruik.

Stadio is ’n paar jaar gelede uit Curro ontknoop. Curro is nou gemik op skoolonderrig en Stadio op naskoolse onderrig.

Meer oor:  Stadio  |  Onderrig  |  Private Onderrig  |  Tersiêre Onderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.