Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nuwe OBK-wet bring deursigtigheid

Pres. Cyril Ramaphosa het die veelbesproke Wysigingswet op die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) onderteken en daar word gehoop dat dit die staatsbeheerde batebestuurder meer verantwoordbaar sal maak.

Abel Sithole, uitvoerende hoof van die OBK.

Onder die wysigings is dat vakbonde op die direksie verteenwoordig sal word.

Die minister van finansies, tans Tito Mboweni, moet nou die voorsitter van die OBK aanwys. Dit moet die adjunkminister van finansies of ’n adjunkminister in die ekonomiese groepering wees.

Mboweni sal met die kabinet oor die keuse moet konsulteer.

Die OBK moet ook nou alle besonderhede oor nuwe beleggings namens sy kliënte, waarvan die staatsdienspensioenfonds die grootste is, op die OBK se webwerf publiseer.

Verder moet die OBK nou ook jaarliks die totale aantal, en besonderhede van, “beduidende transaksies” aan die minister van finansies aanmeld.

Abel Sithole, uitvoerende hoof van die OBK, het die wysigingswet as ’n belangrike stap in die rigting van groter deursigtigheid en aanspreeklikheid rakende die OBK se beleggingsprosesse verwelkom.

Dit kom nadat die OBK in die Mpati-kommissie van ondersoek gelooi is oor prosesse wat onder sy vorige uitvoerende hoof, dr. Daniel Matjila, bloot verontagsaam is.

“Uiteindelik is die OBK verantwoordelik teenoor sy kliënte en hul begunstigdes en die regering as aandeelhouer en waarborg van sy kliënte. Die nuwe wetgewing maak vir groter toesig deur alle belanghebbendes voorsiening,” het Sithole gesê.

Die wysigingswet bemagtig die minister van finansies om die wysigings geleidelik in werking te stel. Behalwe as die minister in die nabye toekoms enige veranderinge aankondig, bly die huidige bestuurstrukture en -prosesse in plek.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Daniel Matjila  |  Lex Mpati  |  Gepf  |  Pensioenfondse  |  Obk  |  Mpati-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.