Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nuwe Raptor-bakkie plaaslik vervaardig

Ford se gewilde Ranger-modelle gaan nou plaaslik vervaardig word by sy aanleg in Silverton, Pretoria. Hulle is ook gereed vir die vervaardiging en bekendstelling van die nuwe Ranger Raptor-reeks in die tweede kwartaal.

Die uitgebreide monteerbaan in Ford se aasnleg in Silverton, Pretoria, waar die nuwe Ranger Raptor-model ook vervaardig sal word.Foto: Verskaf

Neale Hill, besturende direkteur van Ford in Afrika Suid van die Sahara, sê die motorvervaardiger het ’n groot belegging in sy plaaslike aanleg gedoen vir dié uitbreiding.

“Ons is verheug om die eerste van die nuwe Ford Ranger-modelle van ons produksielyn te sien loop nadat meer as R3 miljard in ons plaaslike bedrywighede belê en uitgebreide opgraderings oor die afgelope 18 maande by ons fabrieke voltooi is,” sê Hill in ’n verklaring.

Die Silverton-aanleg is nou op die ideale tyd gereed omdat Ford met sy reeds gewilde Ranger-reeks vanjaar na ’n nog groter markaandeel mik.

“Dit is ’n baie belangrike en opwindende jaar vir die Ford Ranger, ook met die koms van die nuwe Raptor, ongetwyfeld een van die modelle waarna die meeste uitgesien word,” sê Hill.

Die Raptor word geklassifiseer as ’n hoëverrigtingsvoertuig en gaan die 2.0 Bi-Turbo-dieselenjin gebruik wat in Ford se Struandale-aanleg in Port Elizabeth vervaardig word.

Die nuwe Ford Ranger Raptor, ’n hoëprestasievoertuig wat volledig plaaslik vervaardig sal word en wat in die tweede kwartaal bekend gestel word.Foto: Verskaf

Dié nuwe plaaslike enjin produseer 157 kW en 500 Nm wringkrag – onderskeidelik 10 kW en 30 Nm meer as die huidige 3.2 TDCi wat in die Ranger-reeks gebruik word. Die nuwe enjin is ook tot 9% meer brandstofdoeltreffend in kombinasie met die gevorderde nuwe 10-spoed outomatiese ratkas.

“Daar is groot opgewondenheid oor die Ranger Raptor, en dié verkwikkende nuwe model sal ’n leemte in die bakkiemark vul wanneer dit in die tweede kwartaal van die jaar bekend gestel word.

“Dit gaan die eerste ware prestasiemodel in dié belangrike segment van die mark wees,” sê Hill.

Meer oor:  Pretoria  |  Bakkies  |  Motors  |  Motorvervaardigers  |  Motorhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.