Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nuwe rekord met 1665 houers vrugte op vragskip

Transnet Port Terminals (TPT) spog met ’n nuwe rekord van 1 665 koelvraghouers met uitvoervrugte wat oor die naweek in Kaapstad op ’n enkele houerskip, die Santa Clara van die Deense redery Maersk, gelaai is.

Die uitsig op die Kaapse houerkaai vanuit die brug van een van Maersk se houervragskepe. Foto: Maersk

Die vorige rekord was 1 200 koelvraghouers.

Koelvraghouers is vraghouers toegerus met hul eie verkoelingseenhede, en die tegnologie help uitvoerders van bederfbare produkte om dit deur die hele voorsieningsketting van die plaas tot by die uiteindelike verkooppunt koel te hou.

Oscar Borcherds, waarnemende bestuurder van TPT in Kaapstad, sê die nuwe rekord is ’n aanmoediging vir sy span, met hul prestasie per skip wat onlangs met 63% verbeter het.

Die naweek se vrag was Suid-Afrikaanse druiwe, bloubessies en pruime wat na Europa op pad is.

Die koelvragseisoen is van Oktober tot April. “Dit is ’n sensitiewe operasie vir die land se ekonomie, en ons is trots op die voorbereidings wat ons doen om seker te maak die vrugte word betyds verskeep,” sê Borcherds.

“Ongunstige weerstoestande, soos sterk wind, kon ons negatief geraak het, maar die span het in samewerking met die kliënt ’n wenkombinasie behaal.”

Die Kaapse houerkaai hanteer meer as 180 000 koelvraghouers per jaar. In die huidige vrugte-uitvoerseisoen het die gemiddelde aantal koelvraghouers wat per dag deur die houerkaai hanteer is, tot 615 gestyg teenoor die vorige seisoen se 395, sê Borcherds.

TPT is ’n filiaal van die staatsbeheerde vervoergroep Transnet.

Volgens die webblad MarineTraffic het die Santa Clara Saterdag uit Kaapstad vertrek en word dit oor nege dae in Rotterdam, Nederland, verwag.

Meer oor:  Maersk  |  Tpt  |  Hawe  |  Rekordgetal  |  Vraghouers  |  Vrugte  |  Vragskeep
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.