Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nuwe restaurante lig Wimpy, Steers se verkope

Ondanks kwaai mededinging glo Famous Brands, die moedermaatskappy van onder meer Wimpy en Steers, sy halfjaarsyfers vir die ses maande tot einde Augustus gaan “bevredigend” wees.

Famous Brands sê verkope by restaurante soos onder meer Debonairs, Wimpy, Steers en Mugg & Bean, wat hy saamgroepeer onder leidende handelsname, het met 6% gegroei.

Die groep sê verbruikers in sy twee belangrikste markte – Suid-Afrika en Brittanje – bly onder finansiële druk of voel te pessimisties om geld uit te gee. Daarby is mededinging kwaai en is daar druk op die groep se winsgrense.

Verskeie ander restaurantgroepe reik oor die volgende weke vol- of halfjaarresultate uit, insluitend Spur Corporation Donderdag en Grand Parade Investments volgende Vrydag. Almal bevind hulle min of meer in dieselfde bootjie.

Famous Brands sê verkope by restaurante soos onder meer Debonairs, Wimpy, Steers en Mugg & Bean, wat hy saamgroepeer onder leidende handelsname, het met 6% gegroei en by winkels wat ook in die 2018-halfjaar oop was (vergelykbare verkope), met 4%.

Spesialisrestaurante, wat House of Coffees, Tashas, Mythos en Paul insluit, kon verkope met 14% verhoog, maar dis bloot omdat heelwat nuwe takke geopen het. Vergelykbare verkope het met net 1,4% gestyg.

In die res van Afrika en die Midde-Ooste het verkope met 10,3% gestyg.

Gourmet Burger Kitchen (GBK)

Dié Britse burgerrestaurantgroep is in sakeredding ná ’n droewige paar jaar, maar daar is tekens dat die ommekeer dalk kan slaag.

Verkope het met 12,5% gedaal, wat die sluiting van tientalle restaurante weerspieël. Vergelykbare verkope het wel met 8,6% gestyg, wat beteken die restaurante wat GBK behou, vaar heel goed.

Vervaardiging

Famous Brands sê verkope van aartappelskyfies deur Lamberts Bay Foods het met 39% geval toe dié maatskappy ’n groot kliënt (wat nie gespesifiseer word nie) verloor het. Famous Brands het die aanleg in 2016 van Oceana oorgekoop nadat dit lank ’n verskaffer vir die groep se eie restaurante was.

Die groep reik sy halfjaarsyfers eers op 28 Oktober uit.

Meer oor:  Steers  |  Wimpy  |  Famous Brands  |  Handelsoorsig  |  Kitskosgroep  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.