Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Oakbay het weer ’n ouditeur
Oakbay Resources and Energy se logo.

SizweNtsalubaGobodo – een van Suid-Afrika se grootste ouditeursfirmas – het ingestem om Oakbay Energy and Resources se boeke te doen.

Dít kom nadat KPMG begin April besluit het hy wil nie meer die genoteerde Gupta-maatskappy se ouditeur wees nie, sonder dat enige rede verskaf is.

Die omstrede Gupta-broers se beleggingsbeheerfirma, Oakbay Investments, besit byna 80% van Oakbay Resources.

Genoteerde maatskappye moet ’n ouditeursfirma hê.

Oakbay is ook nog dringend op soek na ’n borgfirma, nog ’n vereiste vir genoteerde maatskappye, nadat Sasfin hom ook vroeër onttrek het. As Oakbay nie teen begin Mei ’n aandelebeursborg het nie, sal die JSE moontlik die verhandeling van sy aandele opskort.

Die firma se werknemers het die afgelope week in ’n baie dramatiese ope brief aan Suid-Afrika se vier grootste banke – Absa, FNB, Standard en Nedbank – gepleit dat Oakbay se bankrekeninge heropen word sodat hulle verseker is van hul salaris.

Die banke het hul dienste aan Oakbay onttrek of is besig om dit te doen. Weer eens is geen rede verskaf nie.

Oakbay het sedert die storm losgebars het herhaaldelik gekla die maatskappy is die slagoffer van ’n “politieke aanval”.

Die hulpbronfiliaal het intussen sy bestuur en direksies geskommel. Atul Gupta, voorsitter Oakbay Resources, en Varun Gupta, uitvoerende hoof, het bedank. Daarby het Duduzane Zuma, ’n seun van pres. Jacob Zuma, as direkteur van Shiva Uranium, ’n Oakbay-filiaal, die trekpas gekry.

Zuma se vriendskap met die Guptas en die Guptas se beweerde poging tot inmenging in die aanstelling van die minister van finansies word tans op hoë vlak ondersoek.

Meer oor:  Oakbay Resources & Energy  |  Guptas  |  Sasfin  |  Jse  |  Kpmg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.