Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OB ondersoek nou omstrede spoorwegprojek
Die nasionale openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane Foto: Tebogo Letsie

Baie geld is al aan die Moloto Spoorweg- en Ontwikkelingsprojek in Mpumalanga en Gauteng bestee, maar nog geen vordering is daarmee gemaak nie.

Die Openbare Beskermer (OB) is nou gevra om in te tree en die projek, wat deur Prasa behartig word, te ondersoek.

Deel van die projek is die bou van ’n nuwe spoorweg langs die gevaarlike Molotopad van Mpumalanga tot in Gauteng om te help om padsterftes en ongelukke langs daardie stuk pad te verminder.

’n Groep besorgde inwoners, gesamentlik bekend as die Molotoweg Bekommerde Inwoners (MCCR), het Busisiwe Mkhwebane, die OB, gevra om te probeer uitvind wat met die projek aangaan.

In ’n verklaring Donderdag sê Mkhwebane se kantoor sy het reeds ’n vergadering probeer hou met onder meer die presidensie en verteenwoordigers van Prasa, maar net kleiner rolspelers het daarvoor opgedaag en geen uitkoms is bereik nie.

Mkhwebane gaan nou ’n volskaalse ondersoek begin om te probeer vasstel waarom die projek so sloer en hoekom daar reeds soveel van belastingbetalers se geld daaraan bestee is.

Volgens die MCCR is daar al in 1996 beloftes van die nuwe spoorlyn gemaak.

Verskeie impakstudies is al gedoen, maar daar is nog nie met enige bouwerk begin nie.

Die OB sal ook ondersoek of daar enige waarheid is aan taxidienste se bewerings dat die projek doelbewus sloer omdat ’n tender vir ’n busdiens langs die roete herhaaldelik hernu word sonder dat behoorlike prosesse gevolg word.

Dié busdiens is glo ingestel langs die Molotopad terwyl daar vir die spoorweg gewag word.

Meer oor:  Prasa  |  Ondersoek  |  Openbare Beskermer  |  Staatsondernemings  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.