Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK dank hoof van beleggings af oor Ayo
Fidelis MadavoFoto: Elvira Wood

Fidelis Madavo, hoof van genoteerde beleggings van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), is meer as ’n jaar ná sy skorsing afgedank.

Die OBK het dié aankondiging Maandagaand in ’n verklaring gemaak. Dit kom nadat Madavo en Victor Seanie, assistentportefeuljebestuurder van die OBK, in die middernagtelike ure van 21 Januarie 2019 geskors is weens hul betrokkenheid by die OBK se besluit om in Ayo Technology Solutions te belê.

LEES OOK: OBK skors 2 top-bestuurders oor Ayo-transaksie

Die OBK het R4,3 miljard in dié maatskappy van Iqbal Survé belê voor Ayo se notering in Desember 2017.

Die OBK het R43 per aandeel betaal.

Sedertdien het Ayo se aandeelprys tot R2 geval.

Madavo se skorsing destyds het baie aandag getrek, juis omdat hy geskors is net ure voordat hy getuienis voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die OBK sou lewer.

Madavo het wel voortgegaan met sy getuienis.

Hy het tóé gesê die voorstel dat die OBK in Ayo belê, het van dr. Daniel Matjila, toe uitvoerende hoof van die OBK, se kantoor na sy afdeling gekom. Hulle het daarna met Ayo vergader en nadat verskeie verslae voorgelê is, is besluit om in Ayo te belê.

Die OBK het destyds ná Madavo se skorsing gesê ’n interne ondersoek na die Ayo-transaksie is begin nadat die OBK se direksie en topbestuur in Desember 2018 voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) getuig het oor sy beleggingsbesluite.

In dié sitting was daar skerp kritiek op verskeie OBK-beleggingsbesluite en LP’s het herhaaldelik gevra of mense tot verantwoording geroep is.

Die OBK-direksie het tóé gesê dat die voorlopige verslag wat in Februarie 2019 aan hulle oorhandig is, “weerspieël ’n blatante verontagsaming van die korporatiewebeheer-en-goedkeuringsprosesse van die OBK.”

Meer oor:  Openbare Beleggingskorporasie  |  Obk  |  Ayo  |  Dan Matjila  |  Fidelis Madavo  |  Iqbal Surve
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.