Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK dank topbestuurder af
Die Openbare Beleggingskorporasie se hoofkantoor in Menlyn, Pretoria.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het Donderdag bevestig ’n portefeuljebestuurder wat by ’n belegging van R4,3 miljard in die omstrede tegnologiemaatskappy Ayo betrek word, is afgedank.

Victor Seanie, ’n assistent-portefeuljebestuurder van genoteerde beleggings by die OBK, is afgedank ná ’n tugverhoor, het die instelling aan Fin24 bevestig.

Fidelis Madavo, hoof van genoteerde beleggings, is saam met Seanie in Januarie geskors.

Die skorsings hou verband met ’n interne ondersoek rakende die OBK se belegging in Ayo wat gedoen is al was daar kommer dat die maatskappy oorgewaardeer is.

’n Voorlopige verslag het bevind daar was ’n “flagrante verval van bestuur en goedkeuringsprosesse” by die OBK.

Die OBK het destyds gesê dat werknemers by die onreëlmatighede betrokke is, en daarom is Madavo en Seanie geskors.

Deon Botha, hoof van korporatiewe sake, sê in ’n verklaring aan Fin24 dat Seanie se dissiplinêre verhoor onder leiding van ’n onafhanklike voorsitter bevind het dat hy wel skuldig was aan die aanklagte teen hom.

“Seanie is skuldig bevind aan die klagte wat teen hom aanhangig gemaak is, wat die oortreding van die interne beleid van die OBK oor beleggingsbesluite insluit.

“Seanie is een van verskeie senior beleggers wat in dié stadium dissiplinêr verhoor is,” sê Botha.

Nog senior beleggers moet nog deur die tugprosesse gaan, het hy bygevoeg. – Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.