Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK-direksie ‘bly aan stuur tot hulle vervang word’

Die OBK het sy eerste verklaring uitgereik sedert die hele direksie bedank het.

Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Deaan Vivier

Deon Botha, hoof van korporatiewe sake, het verseker dat die hele direksie “steeds op hul pos is”.

“Die nie-uitvoerende direkteure het hulle daartoe verbind om as direkteure aan te bly totdat die minister ’n nuwe direksie aanstel.”

Botha het weer bevestig dat al nege die nie-uitvoerende direkteure op 1 Februarie hul bedankingsbrief aan Tito Mboweni, minister van finansies, gestuur het. Dit is Vrydag 2 Februarie openbaar gemaak.

Die direkteure – onder hulle Mondli Gungubele, Mboweni se adjunk – voer aan hulle kan weens ’n konstante stroom naamlose bewerings van korrupsie wat teen hulle gemaak word, nie meer hul taak verrig nie.

Mboweni se stilte word as skreiend beskou in die lig van die erns van die krisis. Die OBK bestuur meer as R2 000 miljard se beleggings, grootliks die geld van meer as 1,2 miljoen staatsamptenare.

Die OBK se beleggingsprosesse is onder die vergrootglas te midde van die Mpati-kommissie van ondersoek. Dr. Daniel Matjila, wat glo baie van die mees omstrede beleggingsbesluite deurgevoer het, het in November bedank.

Twee topbestuurders by die OBK, Fidelis Madavo en Victor Seanie, is voorverlede week geskors.

Alf Lees, die party se woordvoerder oor finansies, het reeds Sondag aan Netwerk24 gesê duisende staatsamptenare en pensioentrekkers is bekommerd oor hul aftreegeld en “het gerusstelling nodig”.

“Dis verrassend dat hy nog geen verklaring uitgereik het nie, nie eens om te erken dat hy dit as ’n dringende saak beskou of wat hy beoog om te doen nie.”

Jabulani Sikhakhane, Mboweni se woordvoerder, het wel Vrydagaand laat aan Netwerk24 bevestig dat die minister die bedanking aanvaar het en “as alles goed gaan” reeds volgende week ’n nuwe direksie sal aanwys. In die lig van die nuwe verklaring deur die OBK begin dit onwaarskynlik lyk.

Mboweni het op 2 Februarie laas getwiet en dít oor onderwerpe soos waterskaarste en megastede.

Meer oor:  Obk  |  Tito Mboweni  |  Staatsamptenare  |  Obk-Ondersoek  |  Gepf  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.