Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK-kommissie kry wéér uitstel
Die OBK se kantore in Menlyn, Pretoria.Foto: Elvira Wood

Die kommissie van ondersoek na die gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het nou tyd tot 15 Desember om sy finale verslag aan pres. Cyril Ramaphosa te oorhandig.

Ramaphosa se kantoor het Dinsdag in ’n verklaring op die presidensie se webtuiste gesê dat die spertyd op versoek van regter Lex Mpati uitgestel is.

Mpati staan aan die hoof van dié kommissie en word deur Gill Marcus en Emmanuel Lediga bygestaan.

Die kommissie moes aanvanklik sy verslag in April voltooi. Die spertyd is toe na 31 Julie en later na 31 Oktober uitgeskuif.

Die kommissie, wat sy openbare sittings in Pretoria gehou het, het tussen Januarie en Augustus na meer as 70 getuies geluister.

LEES OOK: OBK-ondersoek: 10 dinge wat jy (solank) moet weet

Die OBK se interaksie met talle maatskappye het onder die loep gekom.

LEES OOK: Dié maatskappye al in OBK-ondersoek genoem

Die kommissie van ondersoek het self geen kommentaar gelewer oor die uitstel nie.

Die kommissie was onlangs wel in die nuus toe dr. Iqbal Survé beweer het dat hy bewyse het dat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, probeer om die kommissie te beïnvloed om “nadelige bevindinge” oor sy maatskappye te maak.

Survé het dié bewering gemaak nadat die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor vroeër in Oktober ’n klopjag op een van Survé se maatskappye – Sekunjalo – uitgevoer het.

Mpati het die bewering heftig ontken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.