Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK: Kommissie maak reg vir ‘formidabele getuies’
Die OBK-kommissie van ondersoek. Van links is Gill Marcus, regter Lex Mpati en Emmanuel Lediga.Foto: Elvira Wood

Die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) verwag om ’n “formidabele lys getuies” bekend te maak voordat sy sittings hervat word.

Die kommissie sê in ’n verklaring op sy webtuiste dat verskeie mense sedert die begin van sy sittings laat in Januarie in Pretoria na vore getree het en bereid is om te getuig.

Die name van die persone is egter nie bekend gemaak nie.

Alf Lees, DA-LP, skryf Maandag in ’n verklaring dat dié party reeds ’n brief aan regter Lex Mpati, wat aan die hoof van die kommissie staan, gestuur het om te gevra dat hy moet bevestig dat dr. Iqbal Survé, stigter van Sekunjalo Investments Holdings, wel sal getuig.

Lees ook: Survé moet voor OBK-kommissie getuig, eis DA

Survé se familie het belange in Ayo Technology Solutions, African Equity Empowerment Investments

(AEEI) en Independent Media.

Die eerste twee weke se sittings van die kommissie is oorheers deur die OBK se besluit om R4,3 miljard in Ayo te belê.

Survé het sedertdien heftig ontken dat enigiets onderduims gebeur het toe die OBK die belegging in Ayo gemaak het.

Lees ook: Ayo kap na media oor OBK-berigte

Kort voor sommige van die getuies voor die kommissie moes verskyn, is hulle juis weens hul betrokkenheid by dié transaksie geskors.

Victor Seanie, assistent-portefeuljebestuurder van die OBK, en Fidelis Madavo, die OBK se hoof van

genoteerde beleggings, het egter ongeag hul skorsings steeds getuienis gelewer.

’n Persoon met die skuilnaam James Noku het kort hierna drie van die OBK se direksielede van korrupsie beskuldig.

Kort hierna het die OBK se hele direksie op 1 Februarie hul bedanking by Tito Mboweni, minister van finansies, ingedien.

Mboweni het sedertdien bevestig dat die direksielede in hul poste sal bly tot tyd en wyl ’n nuwe direksie aangestel word.

Lees ook: OBK-direksie ‘bly aan stuur tot hulle vervang word’

Die OBK-kommissie sê in sy verklaring hy neem “met groot kommer” kennis van al die bewerings en boodskappe wat op verskeie platforms – wat e-pos en WhatsApp insluit – gemaak word.

Die kommissie sê mense wat meer inligting oor die gebeure by die OBK het, moet hom regstreeks kontak eerder as om dié kanale te gebruik sodat hulle getuienis kan lewer.

Die openbare sittings word op 25 Februarie hervat.

Voor dan moet Mpati, saam met Gill Marcus en Emmanuel Lediga wat hom bystaan, ’n voorlopige verslag aan pres. Cyril Ramaphosa stuur.

Dié verslag moet op Vrydag 15 Februarie ingedien word.

Die kommissie sê hy verwag die openbare sittings sal tot einde Maart, en indien nodig selfs later, duur.

Meer oor:  Openbare Beleggingskorporasie  |  Obk  |  Ayo  |  Alf Lees  |  Lex Mpati  |  Iqbal Survé  |  Obk-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.