Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK: Kommissie van ondersoek kom
Dr. Dan Matjila, uitvoerende hoof van die OBK.

’n Kommissie van ondersoek kom oor die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Die nasionale tesourie sê in ’n verklaring pres. Cyril Ramaphosa het daartoe ingestem dat ’n kommissie van ondersoek aangestel word oor die beweringe van onbehoorlike gedrag by die staatsonderneming.

Die OBK is die grootste batebestuurder in die land en bestuur onder meer die staatsamptenare se aftreefonds (GEPF).

Die opdrag van die kommissie van ondersoek sal insluit dat die OBK se bestuurs- en bedryfsmodel hersien moet word asook moontlik wysigings aan die wetgewing wat hom beheer, sy akte van oprigting en die raamwerk waarvolgens hy beleggingsbesluite neem.

Die name van die voorsitter van die kommissie en die ondersoekspan, asook die gedetailleerde opdrag, sal binnekort aangekondig word.

Tesourie het verwys na sy verklaring van 25 Julie. 

Netwerk24 het reeds berig Nhlanhla Nene, minister van finansies, het in daardie verklaring aangekondig 'n onafhanklike ondersoek gaan na die sake van die OBK gedoen word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.