Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK: Likwidasie van Sekunjalo ‘logies’
Dr. Reuel KhozaFoto: Elvira Wood

Kommer dat Iqbal Survé se Sekunjalo sy bates oorsee kan skuif, is een van die redes hoekom die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) glo dit is “logies” om die maatskappy te likwideer.

Dit is dr. Reuel Khoza, tussentydse voorsitter van die OBK-direksie, se kommentaar aan die Business Times oor dié aangeleentheid.

Sekunjalo het dié bewering ontken en sê hy is “kontant positief”. Die maatskappy dreig om regsaksie teen die OBK te neem.

Die OBK het egter wetstoepassingsowerhede en die Reserwebank – wat die vloei van geld in en uit die land beheer – gekontak.

Die OBK bestuur bates van meer as R2 131 miljard. Dit is die aftreegeld van staatsamptenare (GEPF), asook die bates van die Werkloosheidsversekeringsfonds, die Vergoedingsfonds en sekere ander kleiner staatsfondse.

Khoza glo deur Sekunjalo te likwideer sal dit help om staatsamptenare se pensioen te beskerm deur te keer dat dit “versnipper” word.

Lindiwe Dlamini, waarnemende regshoof van die OBK, het op 15 Oktober vir die parlement se staande komitee oor finansies gesê dat die OBK dit oorweeg om ’n aansoek te bring om Sekunjalo te laat likwideer. Die OBK beweer Sekunjalo skuld hom meer as R1 miljard.

Luidens die OBK het hy die geld in 2013 aan Sekunjalo geleen om Independent Media mee te bekom. Sekunjalo was deel van ’n konsortium wat dié mediagroep gekoop het. Independent Media besit titels soos die Star, Cape Times en I’solezwe lesiXhosa.

Die OBK probeer ook om die R4,3 miljard terug te kry wat hy in Sekunjalo se sustermaatskappy, Ayo Technology Solutions, belê het. Dié belegging het veral aandag geniet vroeër vanjaar in die kommissie van ondersoek na gebeure by die OBK se openbare sittings wat in Pretoria gehou is.

Khoza sê die beweringe wat gedurende dié sittings veral oor gebrekkig bestuursprosesse gemaak is, wys hoe belangrik dit is om die regte prosesse by maatskappye in staatsbeheer te hê. Hy sê sedert die tussentydse direksie op 25 Julie aangestel is, is daar reeds verskeie stappe gedoen om die maatskappy te stabiliseer.

Een van die groot stappe van die direksie is om ’n nuwe uitvoerende hoof, bedryfshoof en risikohoof vir die korporasie te vind. Die OBK sit reeds sedert November 2018 sonder ’n uitvoerende hoof nadat dr. Dan Matjila uit dié pos bedank het. Fin24

Meer oor:  Openbare Beleggingskorporasie  |  Gepf  |  Sekunjalo  |  Obk  |  Ayo  |  Reuel Khoza  |  Iqbal Survé  |  Obk-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.