Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK: Matjila ontken Ayo-belegging was sleg

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se belegging in Ayo Technology Solutions van R4,3 miljard is nie verlore nie en verdien rente, het dr. Dan Matjila, vorige hoof van die staatsbeheerde batebestuurder, Maandag gesê.

dan matjila
Dr. Dan Matjila Foto: Reuters

Hy het by die Mpati-kommissie oor omstrede beleggingsbesluite by die OBK gesê ’n vals indruk is geskep dat die OBK geld verloor het toe hy in Ayo belê het.

“Ek dink nie die OBK het geld verloor nie. Die laaste state wys die R4,3 miljard is steeds daar en verdien rente,” het Matjila aan die kommissie gesê.

Die OBK, wat onder meer die staatspensioenfonds se geld bestuur en sowat R2 200 miljard se bates onder bestuur het, het teen die einde van 2017 in Ayo belê. Ayo is deel van die Sekunjalo-groep.

Die OBK het voorheen met regstappe begin om die belegging van R4,3 miljard in Ayo te probeer terugkry.

Matjila het Maandag getuig die belegging in Ayo is een wat langtermynresultate in die inligtingstegnologiesektor sal oplewer, en as die aandele voortydig verkoop word, sal dit op verliese vir die OBK uitloop.

Volgens hom het die OBK ’n noulettendheidstudie oor Ayo se voornoteringsverklaring gedoen voordat besluit is om daarin te belê.

Op die vraag van Emmanuel Lediga, een van regter Lex Mpati se assistent-kommissarisse in die kommissie van ondersoek, of die OBK se span nie gedink het die vooruitskattings van Ayo se verdienste was oordrewe nie, het Matjila gesê die span wat advies gegee het oor die belegging behoort dié vraag te beantwoord.

ayo
Die embleem van Ayo Technology Solutions.

“Ek was bloot die uitvoerende hoof. Ek glo in my span, ek vertrou hulle want jy kan sien hoe ons opbrengste was. Jy kan sien hoe ons beter as die JSE gevaar het,” het hy gesê.

Gill Marcus, nog ’n assistent-kommissaris van die kommissie, het Matjila uitgevra oor die noulettendheidstudie en waarom die manipulasie van Ayo se waarde in die voornoteringsverklaring nie raakgesien is nie. Volgens Matjila is terugskouing altyd perfek, en hy het sy span weer verdedig. “Dit is moeilik vir my en my span om hierdie goed op te tel as mense knoei in die opstel van die voornoteringsverklaring. Om te verwag dat ons moes kon uitsnuffel dat die syfers bekook was, is te veel gevra,” het hy geantwoord.

Pres. Cyril Ramaphosa het die kommissie in Julie uitstel gegee om sy finale verslag teen einde Oktober in te dien. Dit is die tweede keer dat die kommissie uitstel kry.

Lees die volledige berig op Fin24 hier.

Meer oor:  Sekunjalo  |  Ayo  |  Dan Matjila  |  Openbare Beleggingskorporasie  |  Obk  |  Mpati-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.