Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK: More is steeds geldhoof, al bly sy geskors

Die geskorste Matshepo More is steeds die finansiële hoof van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Matshepo More, finansiële hoof van die OBK. Foto: Verskaf

Abel Sithole, uitvoerende hoof van die OBK, het Vrydag in ’n aanlyn gesprek met die media oor die OBK se resultate twee keer gesê More is steeds in dié pos, hoewel sy ook steeds geskors is.

Die OBK het in Mei gesê More is in ’n tugverhoor onskuldig bevind aan die twee klagtes.

Sy bly egter geskors met volle betaling omdat sy by bewerings in die Mpati-verslag oor gebeure by die OBK betrek word. Dit beteken die OBK betaal haar minstens R574 654 per maand, gegrond op haar basiese salaris van R6,895 miljoen soos aangeteken in die OBK-jaarverslag vir 2019.

Sy word onder meer daarvan beskuldig dat sy ’n skikkingsmemo oor die OBK se beleggingstransaksie in Ayo Technologies onderteken het nog voordat die OBK se portefeuljebestuurskomitee die transaksie kon goedkeur.

Sedert die Mpati-verslag bekend gemaak is, het die OBK-direksie aangekondig dat hulle regter Yvonne Mokgoro aangestel het as hoof van ’n paneel kundiges om die OBK advies te gee oor hoe om die aanbevelings van die Mpati-kommissie tot uitvoering te bring.

More is in Maart verlede jaar geskors, en sit dus nou al 20 maande lank by die huis terwyl sy steeds vergoed word. Gegrond op haar 2019-vergoeding het sy nou reeds meer as R11 miljoen ontvang. Dit sluit kort- en langtermynaansporingsbetalings en ander byvoordele van meer as R3,7 miljoen uit wat sy ontvang het as deel van haar totale vergoedingspakket, soos blyk uit die OBK se 2019-jaarverslag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.