Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK-ondersoek: Soveel miljard is in Steinhoff belê
Die Openbare Beleggingskorporasie het miljarde rande verloor na Steinhoff se aandeleprys in duie gestort het.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het nog voordat hy in 2017 via Lancaster 101 miljarde rande in Steinhoff belê het, reeds blootstelling van sowat R33 miljard aan dié maatskappy gehad.

Op 22 Mei 2017 het die OBK ’n belang van 10,5% in Steinhoff gehou teen ’n waarde van R72,70 per aandeel, sê Lindiwe Dlamini, waarnemende regshoof van die OBK.

Dit kom neer op ’n belegging van sowat R33 miljard.

Sy het Donderdag getuig voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die OBK.

Dlamini het nie gesê wanneer, hoe en teen watter prys die OBK dié belang bekom het nie.

Die kommissie het reeds op 9 April getuienis van Botsang Morobe, hoofbeleggingsbeampte van die OBK, gehoor oor die latere belegging in Steinhoff via Lancaster 101.

Die OBK het R9,3 miljard aan die bemagtigingsgroep geleen om aandele in Steinhoff te bekom.

Lancaster 101 besit steeds ’n belang van 1,22% in Steinhoff.

Morobe het voorheen getuig die OBK het reeds R4,5 miljard van dié transaksie afgeskryf. Hy het verder getuig dat dié belegging tans net sowat R200 miljoen werd is.

Oorspronklike belang

Netwerk24 het voorheen berig die waarde van die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) se belegging in Steinhoff het met sowat R20 miljard geval.

Lees ook: GEPF se belang in Steinhoff nou R20 mjd. minder werd

Dlamini se getuienis plaas dié bedrag egter nader aan R23 miljard.

Steinhoff se aandeelprys het in Desember 2017 in duie gestort toe grootskaalse rekeningkundige bedrog by die maatskappy aan die lig gekom het.

Volgens die datadiens Iress het die OBK sedert 22 Mei 2017 sy belang in Steinhoff tot 7,53% verminder.

Die waarde van ’n 7,53%-belang sou op 22 Mei 2017 sowat R23,6 miljard beloop het.

Steinhoff se aandele het Donderdag teen R1,92 elk op die JSE verhandel. Dit beteken die OBK-belegging in Steinhoff is nou net sowat R616 miljoen werd. Die OBK het dus bykans R23 miljard verloor tussen Mei 2017 en April 2019.

Met Morobe wat die OBK se belegging in Steinhoff via Lancaster 101 nou net op R200 000 waardeer, beteken dit die totale verlies – as die oorspronklike belegging én die Lancaster-transaksie saamgereken word – beloop bykans R31 miljard.

Die kommissie hervat sy sittings op 14 Mei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.