Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK oorweeg glo steeds Eskom-plan

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) oorweeg glo steeds ’n ooreenkoms om Eskom se skuld van R70 miljard aan dié korporasie in ekwiteit om te skakel.

Dr. Dan Matjila getuig voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie. Foto: Elvira Wood

Vyf mense na aan die gesprekke, wat reeds sowat twee jaar duur, het aan Bloomberg bevestig dat die skuld-in-ekwiteitsplan steeds op die tafel is.

Die OBK hou 20% van al Eskom se effekte en is dus die grootste houer van Eskom-skuld.

In ruil vir die ooreenkoms soek die OBK ’n posisie op Eskom se direksie sodat hy ’n regstreekse invloed kan hê op die nutsmaatskappy se beleërde finansies.

Twee van die bronne wat naamloos wil bly omdat die gesprekke oor dié ooreenkoms nog nooit openbaar gemaak is nie, bevestig dat pres. Cyril Ramaphosa se plan om Eskom in drie dele te verdeel, die ooreenkoms nuwe bene gegee het.

Dr. Dan Matjila, voormalige uitvoerende hoof van die OBK, het vroeg in 2018 self nog met Eskom se bestuur gesels oor die moontlikheid om die ooreenkoms te sluit. Hy het Donderdag voor die Mpati-kommissie van ondersoek daaroor getuig.

LEES OOK: Dan Matjila: ‘Dis OBK se plig om Eskom te help’

Indien Eskom sy skuld sou ruil, sou die OBK waarskynlik belange in die transmissie-afdeling ontvang, het een van die bronne gesê. Dié eenheid word gesien as die gesondste finansiële afdeling van Eskom, maar dit kan ook lei tot konflik onder Eskom se talle ander krediteure wat nié dieselfde aanbod ontvang nie.

Die Vereniging vir Staatsamptenare (VSA), die grootste vakbond vir staatsamptenare, het reeds sy kommer uitgespreek oor die OBK se blootstelling aan die nutsmaatskappy, wat hy “kernafval” noem – iets waaraan nie geraak moet word nie.

Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, het in Augustus 2018 gerugte oor die skuldplan ontken. Hy het gesê Eskom het opgegee op die plan omdat dit waarskynlik kontrakte met ander krediteure sou verbreek.

Meer oor:  Gepf  |  Obk  |  Dan Matjila  |  Staatsamptenare  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.