Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK stel twee nuwe direkteure aan
Vuyani Hako van die OBK Foto: Verskaf

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het ’n nuwe bedryfshoof aangestel.

Vuyani Hako is sedert November in die pos en was tot nou toe die uitvoerende hoof van eiendomsbeleggings. Hy het van Maart 2019 tot Julie vanjaar as uitvoerende hoof van die OBK gedien.

Die nasionale tesourie het einde Mei aangekondig dat die kabinet Abel Sithole as uitvoerende hoof aangestel het.

In Augustus is aangekondig dat die rol van beleggingshoof teruggebring word ná die omstredenheid waarin sy voormalige uitvoerende hoof, Dan Matjila, gehul was.

LEES OOK: OBK kry weer hoof van beleggings ná die Matjila-jare

In die jaarverslag vir die boekjaar tot einde Maart 2016 is geskryf dat die OBK sy hersiene organisatoriese struktuur suksesvol in werking gestel het. Dit het ingesluit dat die pos van beleggingshoof in vier poste verdeel is, naamlik uitvoerende hoof van genoteerde beleggings, eiendomsbeleggings, ontwikkelingsbeleggings en private ekwiteit en gestruktureerde transaksies.

Hako is 54 jaar oud en het ’n graad in stads-en-streeksbeplanning en ’n MBA.

Hy is in Oktober 2014 by die OBK aangestel en verteenwoordig die OBK in al die direksies van die ondernemings waarin belê is.

Die direksie van die OBK het ook die aanstelling van August van Heerden as die nuwe risiko-hoof bevestig.

Hy begin op 4 Januarie en is tans die risiko-hoof van Absa.

August van Heerden
August van Heerden Foto: Absa

Van Heerden het ’n graad in rekeningkunde, ’n BComm, ’n diploma in finansiële markte en ’n gevorderde diploma in bankwetgewing.

Sithole het gesê Van Heerden het baie ondervinding in die finansiëledienstebedryf en het ook vir Nedbank, Standard Bank en Discovery Bank gewerk.

Van Heerden is luidens Absa se webtuiste, tans dié bank se risikohoof.

Hy sê hy sien uit daarna om saam met Hako en Van Heerden te werk om die instelling se integriteit en vertroue onder personeel, kliënte en belangegroepe te herbou.

Die direksie gaan voort met die proses om ’n beleggingshoof en ’n tegnologie-hoof te soek om die korporatiewe bestuur van die OBK en die uitvoerende bestuurspan te versterk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.