Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK-verslag bekend: Skerp kritiek op Ayo-geld

Daar moet nou ondersoek ingestel word of enige wette en/of regulasies oortree is deur óf die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) óf maatskappye wat aan dr. Iqbal Survé verbind kan word.

Die verslag oor gebeure by die Openbare Beleggingskorporasie is bekend gemaak. Foto: Jason Wood

Daar moet ook vasgestel word of geld tussen die maatskappye geskuif is met die doel om beleggers te mislei of bedrog te pleeg.

Dit tel onder die aanbevelings van die kommissie van ondersoek na gebeure by die OBK toe dr. Daniel Matjila die uitvoerende hoof van die staatsbeheerde batebestuursfirma was. Die OBK belê onder meer staatsamptenare se pensioenfondsgeld (GEPF) en die geld van die Werkloosheidsversekeringsfonds.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag eindelik dié verslag van 1 000 bladsye bekendgestel.

Die kommissie, onder leiding van regter Lex Mpati, sê die korrekte prosesse is nié gevolg toe die OBK besluit het om onder meer R4,3 miljard in Survé se Ayo Technology Solutions te belê nie.

Die OBK het R43 per aandeel betaal toe hy in Desember 2017 in dié maatskappy belê het. Sedertdien het Ayo se aandeelprys tot R2,38 geval.

Survé het deurgaans voet by stuk gehou dat daar niks ongerymds was met dié transaksie nie.

Hy het ook sedert die openbare sittings in 2019 afgehandel is, in ’n berig op IOL gesê dat die verslag, wat glo reeds in Desember uitgelek het, hom en Matjila vryspreek van enige ongerymdhede by dié transaksie.

Die kommissie beveel verder aan dat forensiese ondersoeke van stapel gestuur moet word oor alle transaksies met maatskappye binne Survé se Sekunjalo-groep.

Daar word ook aanbeveel dat alle geld wat aan die OBK verskuldig is, met rente terugbetaal moet word.

Meer inligting oor dié verslag volg.

’n Uittreksel van die verslag oor gebeure by die OBK.Foto: Skermgreep
Meer oor:  Gepf  |  Obk  |  Iqbal Surve  |  Daniel Matjila  |  Lex Mpati  |  Obk-Ondersoek  |  Pensioenfondse  |  Mpati-Kommissie  |  Obk-Kommissie  |  Staatsamptenare
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.