Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
OBK vra hof in Amsterdam vir ondersoek na Steinhoff

’n Groep beleggers van Steinhoff – waaronder die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) – wil hê die handelsafdeling van die Amsterdamse appèlhof moet gelas dat die maatskappy se sake ondersoek word.

Beleggers is nou moeg om vir inligting te wag oor wat fout gegaan het by Steinhoff.

Steinhoff het Donderdag bekend gemaak die beleggers wil hê die hof moet ’n ondersoeker aanstel en gelas dat die maatskappy nog ’n direkteur op sy toesighoudende direksie aanstel van wie vereis sal word “om voldoende inligting aan beleggers te verskaf”.

Die handelshof, bekend as die ondernemingskamer in Nederlands, sê die partye wat die aansoek ingedien het, sluit in die OBK, die pensioenfonds van staatsamptenare (GEPF), die Werkloosheidsversekeringsfonds en die Vergoedingsfonds. Ander partye is onder meer beleggingsfondse en beleggingsbestuurders soos John Hancock Funds II, John Hancock Variable Insurance Trust, Pacific Select Fund, Pacific Funds Series Trust, Nordea Funds, Nordea en Nordea Norge Verdi.

“Die hof is genader om ’n ondersoek na die gebeure by Steinhoff te begin,” sê ’n hofamptenaar.

Die hof het kennisgewings oor dié aansoek gestuur aan belangegroepe, wat insluit aandeelhouers met ’n wesenlike belang en ook al die huidige en voormalige direkteure van die maatskappy.

Die aansoek is vir 23 Mei op die hofrol.

Die duur forensiese ondersoek wat die afgelope jaar deur PwC oor rekenkundige ongerymdhede by Steinhoff gedoen word, sal waarskynlik nooit volledig openbaar gemaak word nie.

Dié ondersoek het binne agt maande al R200 miljoen gekos.

Die Nederlandse regsfirma Fort verduidelik in ’n webjoernaal as die hof wel beveel dat so ’n ondersoek gedoen word, die koste gewoonlik deur die onderneming betaal word.

Die OBK het 'n belang van 9% in Steinhoff gehou namens die GEPF. Lees ook GEPF se belang in Steinhoff nou R20 mjd. minder werd

Die OBK het ook 'n lening van nagenoeg R9 miljard aan 'n swart beleggingsgroep geleen vir 'n belegging in Steinhoff. Lees ook: R4 mjd. se lening vir Steinho-aandele afgeskryf

Meer oor:  Steinhoff  |  Openbare Beleggingskorporasie  |  Gepf  |  Obk  |  Ondersoek  |  Handelshof  |  Hof  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.