Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Old Mutual bly by sy besluit oor Moyo
Peter Moyo Foto: Verskaf

Old Mutual gaan Peter Moyo, sy voormalige uitvoerende hoof, se aansoek teenstaan om weer in sy pos aangestel te word.

Die maatskappy het Maandag dié besluit bevestig.

Dit volg nadat Moyo ’n dringende aansoek by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien het waarin hy vra dat hy onmiddellik weer in sy pos aangestel moet word én dat Old Mutual nie toegelaat moet word om die pos te vul nie.

Tabby Tsengiwe, kommunikasiehoof van Old Mutual, het bevestig die maatskappy sal deur die hof op Moyo se beweringe reageer.

Moyo is onverwags op 23 Mei geskors en later op 17 Junie afgedank.

Die maatskappy sê dit was weens ’n verbrokkeling van vertroue.

Moyo sê in die beëdigde verklaring wat hy by die hof ingedien het dat sy afdanking “onwettig, ongrondwetlik en nietig is”.

Hy eis ook skadevergoeding.

Moyo beweer dat die rede vir sy afdanking was omdat hy kommer uitgespreek het omdat Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual, glo self botsende belange gehad het.

Hy was op die direksies van Old Mutual plc ten tyde van die groep se ontknoping in 2018 en die firma Rothschild wat een van die raadgewers van die ontknoping was.

Manuel is een van die respondente in die saak.

Fin24

Meer oor:  Old Mutual  |  Trevor Manuel  |  Peter Moyo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.