Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Old Mutual maak reg vir appèl teen Moyo-uitspraak
Old Mutual sê hy gaan die regsproses volg om appèl aan te teken teen die nuutste uitspraak oor sy voormalige uitvoerende hoof, Peter Moyo.Foto: Reuters

Die versekeraar Old Mutual is besig om appèl aan te teken teen die tussentydse uitspraak dat hy Peter Moyo weer as uitvoerende hoof moet aanstel.

Old Mutual en Moyo is in ’n bittere regstryd gewikkel.

Die maatskappy het Maandag gekeer dat Moyo terugkeer werk toe nadat hy hom op 21 Augustus ’n tweede keer in kennis gestel is dat hy afgedank is.

“Noudat ons verlof tot appèl verleen is, neem Old Mutual die nodige stappe om appèl aan te teken teen die tussentydse uitspraak wat gelas het dat mnr. Moyo weer tydelike heraangestel moet word, hangende die aansoek om die direkteure as nalatig te laat verklaar,” sê Old Mutual.

Die versekeraar hou voet by stuk dat die hooggeregshof in Johannesburg se uitspraak Vrydag “het nie die geldigheid van die tweede kennisgewing van diensbeëindiging beïnvloed nie”.

Moyo sê sy tweede afdanking deur die versekeraar was “doelbewus gedoen om die doeltreffendheid van die uitspraak van die hof te ondermyn”.

Die hooggeregshof sal na verwagting oor twee weke uitspraak lewer oor of die versekeraar se direkteure hulle skuldig maak aan minagting van die hof omdat hulle Moyo belet om terug te keer werk toe.

Moyo het dié aansoek gebring.

Die twee partye is in ’n regstryd gewikkel sedert die direksie van Old Mutual skielik in Mei besluit het om Moyo te skors.

’n Belangebotsing en verbrokkeling van vertroue is as redes vir die skorsing gegee.

Moyo is ’n paar weke later op 18 Junie afgedank.

Hy is afgedank weens die betaling van R115 miljoen se dividende aan aandeelhouers van NMT, ’n beleggingsbeheermaatskappy waarvan hy die stigter en ’n direkteur is. Old Mutual het vóór Moyo se aanstelling as uitvoerende hoof geld aan NMT voorgeskiet, en Old Mutual was ontevrede dat dié geld en voorkeurdividende nie betaal is voordat die gewone dividend uitgekeer is nie.

Old Mutual het onlangs aangekondig dat hy beplan om sy belang in NMT te verkoop maar het nog geen besonderhede hieroor gegee nie. – Fin24

Meer oor:  Nmt Capital  |  Old Mutual  |  Trevor Manuel  |  Peter Moyo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.