Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Old Mutual ontknoop nóg R10,4 mjd. van Nedbank

Die versekeringsgroep Old Mutual gaan ’n belang van R10,4 miljard in Nedbank aan sy aandeelhouers ontknoop.

Old Mutual se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: William Horne

Old Mutual het die aankondiging Woensdag gedoen nadat die aandelebeurs gesluit het.

Die aandele wat deur Old Mutual Emerging Markets gehou word, nagenoeg 12% of 62,1 miljoen aandele, gaan as ’n dividend in spesie aan aandeelhouers versprei word.

Old Mutual-groep het in 2016 met ’n ontknoping begin toe hy nog 54,1% van Nedbank besit het. Hy het toe gesê hy wil mettertyd sy belang in die bankgroep tot dié van ’n minderheidsaandeelhouer verminder.

Old Mutual hou sedert die proses in 2018 afgehandel is 19,4% in die Nedbank.

Ná die jongste ontknoping gaan Old Mutual 36,7 miljoen aandele of 7,2% van Nedbank oorhou.

Die Reserwebank se Omsigtigheidsowerheid en ander reguleerders moet nog die transaksie goedkeur.

Nedbank sê die ontknoping gaan nie ’n impak op sy strategie, bestuur, bedrywighede, personeel of kliënte hê nie.

Die bestaande kommersiële verhouding met Old Mutual sal voortgaan.

Volgens Nedbank is daar ’n aantal voordele vir die bankgroep en sy aandeelhouers, insluitende dat sy vrylik verhandelbare aandele gaan verhoog en dat ’n meer gunstige posisie in aandeelindekse gehou kan word.

Nedbank het ook in ’n handelsverklaring gesê sy wins en kernwins per aandeel gaan na verwagting met meer as 100% toeneem vergeleke met ’n jaar gelede tot meer as 876c en 540c onderskeidelik

“Die sterk herstel in wins, tesame met die vordering van die groep se mediumtermyn-teikens, ondersteun waardeskepping vir aandeelhouers.”

Die groep beoog om einde 2023 die verwaterde kernwins per aandeel en die opbrengs op ekwiteit (ROE) van 2019 te oorskry, asook sy koste-tot-inkomste-verhouding tot onder 54% te verlaag.

Old Mutual sê ná ’n interne beoordeling van die belang in Nedbank het die direksie tot die slotsom gekom dat dit in die beste belang van sy aandeelhouers is om die ontknoping te doen. Dit gaan die groep vereenvoudig en hom gaan toelaat om op sy kernbedrywighede te fokus. Dit sal aandeelhouers ook in staat stel om meer direk deel te neem aan die gedifferensieerde beleggingsgeleenthede wat die twee ondernemings bied.

“Dit gaan ook ’n aansienlike opbrengs op kapitaal aan aandeelhouers bied.”

Aandeelhouers gaan vir elke 100 aandele van Old Mutual 1,31954 gewone aandele in Nedbank ontvang.

Die transaksie gaan na verwagting vroeg in November afgehandel wees.

Nedbank se aandeelprys het Woensdag op R167,67 gesluit, a,08% hoër vir die dag en 16,45% hoër vir die afgelope 30 dae..

Meer oor:  Aandeelprys  |  Nedbank  |  Aandeelhouers  |  Banke  |  Old Mutual
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.