Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Old Mutual paai kliënte

Die finansiëledienstegroep Old Mutual is so bekommerd oor die uitwerking wat die hofstryd tussen hom en Peter Moyo, sy afgedankte uitvoerende hoof, op kliëntelojaliteit kan hê dat hy spesiaal ’n brief aan hulle uitgestuur het daaroor.

Old Mutual
Peter Moyo, afgedankte uitvoerende hoof van Old Mutual. Foto: Verskaf

Die groep, wat lewensversekering, asook beleggings- en pensioenfondsdienste aanbied, belowe aan kliënte dat sy bedrywighede nie geraak word deur die voortslepende hofgeding nie.

“Die Old Mutual-span werk onverpoos om waarde te lewer aan ons kliënte, belanghebbers en gemeenskappe,” skryf Kanyisa Ncemane, hoofbestuurder vir kliëntoplossings, in ’n boodskap wat Vrydagaand uitgestuur is.

Ncemane sê Old Mutual se sake gaan voort soos normaal onder Iain Williamson as tussentydse uitvoerende hoof, “wat gesteun word deur ’n bekwame en gefokusde span leiers”.

Lees meer hier.

Old Mutual is in ietwat van ’n dilemma nadat die hooggeregshof in Johannesburg beslis het dat Moyo as uitvoerende hoof heraangestel moet word. Die hof het beslis Old Mutual het nie behoorlike prosesse gevolg toe hy Moyo in Mei geskors en in Junie afgedank het nie. Daar het geen tugproses verloop nie en Moyo is nie die kans gegun om teen sy skorsing te appelleer nie, het William Horne berig.

 Old Mutual
Iain Williamson, tussentydse uitvoerende hoof van Old Mutual.

Old Mutual het hom afgedank weens wat die groep as belangebotsings en wantroue tussen Moyo en die direksie beskryf het. Old Mutual het aangedui hy gaan teen die hofuitspraak appelleer.

Regter Brian Mashile van die hooggeregshof in Johannesburg het verlede week gesê Moyo se afdanking is waarskynlik meer gemotiveer deur bewerings wat hy teen Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual en ’n voormalige minister van finansies, gemaak het eerder as oor wesenlike belangebotsings.

Old Mutual se aandeelprys het Vrydag 0,84% laer op R19 gesluit. Sy beste vlak die afgelope 12 maande was R24,28.

Meer oor:  Old Mutual  |  Trevor Manuel  |  Peter Moyo  |  Uitvoerende Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.