Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Old Mutual: R4 mjd. se gratis versekering vir medici

Old Mutual het Woensdag R4 miljard se gratis lewensversekering aan die land se mediese praktisyns aangekondig.

Old Mutual se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg. Foto: William Horne

Sowat 430 000 dokters, verpleegpersoneel en ander mediese werkers is nou geregtig op dié dekking, wat geen premies of voorvereistes het nie.

Volgens Old Mutual sal enige mediese werker wat tydens die Covid-19-pandemie om enige rede sterf, se familie geregtig wees op ’n uitbetaling van R10 000.

“Ons is deeglik bewus van die kritieke werk wat landwyd deur alle werkers wat noodsaaklike dienste lewer, gedoen word en sodoende ons land dien, versorg en beskerm tydens hierdie krisis,” sê Iain Williamson, waarnemende uitvoerende hoof van Old Mutual, Woensdag in ’n verklaring.

“Terwyl ons erken dat ons op die oomblik nie elke liewe werker wat noodsaaklike dienste verskaf gratis kan dek nie, het die onderneming nietemin besluit om R4 miljard gratis dekking te bied aan die ongeveer 430 000 geregistreerde gesondheidsorgwerkers wat volgens ons een van die groepe is wat die meeste aan die virus blootgestel is, maar steeds voortgaan om ons nasie so ywerig te dien.”

Om in aanmerking te kom vir die gratis dekking, moet medici by óf die Suid-Afrikaanse Raad op Gesondheidsberoepe (HPCSA) óf die Suid-Afrikaanse Verpleegkundige Raad (SANC) geregistreer wees.

Die dekking sal vanaf 1 April tot 31 Desember geldig wees.

Die dekking het geen uitsluitings nie en is daarop gemik om “verligting te gee aan gesinne wat in hierdie tyd moontlik die tragiese verlies aan ’n geliefde moet hanteer”.

Old Mutual het ook R5 miljoen geoormerk vir die voorsiening van beskermende toerusting soos maskers en handskoene aan medici.

“Gedurende hierdie tyd is dit belangrik vir ons om saam te werk om diegene te ondersteun wat aanhou om ons almal te ondersteun. Die gesondheidsorgwerkers wat ons beoog om te dek verteenwoordig ons kliënte, ons gesinne, ons vriende en ’n kritieke gedeelte van die algemene noodsaaklike dienste-gemeenskap. Ons is nou trots om hulle behulpsaam te wees,” sê Williamson.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.