Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Old Mutual se Moyo het ook hiér koppe gestamp

Peter Moyo (55), wat Vrydag as uitvoerende hoof van Old Mutual geskors is, het al vantevore ’n uitval gehad met sy direksies.

 peter moyo, old mutual
Peter Moyo, pas geskors as uitvoerende hoof van Old Mutual.

Daar was ook al vantevore vrae oor transaksies waarby hy betrokke was.

Moyo se skorsing hou verband met sy belange in NMT Capital, ’n beleggingsbeheerfirma waarvan hy ’n stigter en direkteur is. Old Mutual Life Assurance het voorheen ’n lening van R291 miljoen aan NMT toegestaan.

Dié belangebotsing is aan aandeelhouers verklaar toe Old Mutual in 2018 genoteer het (ná die ontknoping van Old Mutual plc) en daar was protokolle oor hoe dit bestuur moes word.

Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual, het Vrydag op die groep se jaarvergadering gesê meningsverskille oor hoe die belangebotsings bestuur word, het ontstaan.

In 2016, toe Moyo voorsitter van Vodacom se direksie was, het hy deur die einste NMT Capital ’n groot belang in die selfoonfirma probeer bekom. Die transaksie het egter deur die mat geval. Hy was vanaf 2009 tot 2017 Vodacom se voorsitter.

In 2007 het hy ná slegs twee jaar in die pos as uitvoerende hoof van Alexander Forbes bedank. Hy het self toegegee dat hy en die direksie vasgesit het, hoewel nooit bekend gemaak is waaroor nie.

Daar was wel sprake dat dit gehandel het oor die direksie se inmenging in sy rol as uitvoerende hoof.

Moyo, ’n Zimbabwiër, het in dié land by KPMG as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer. Hy werk sedert die 1990’s in Suid-Afrika, waar hy ook geakkrediteer is as geoktrooieerde rekenmeester.

Hy het by EY (voorheen bekend as Ernest & Young) as ouditeur gewerk voordat hy in 1997 by Old Mutual begin werk het.

Moyo was al direkteur van verskeie Suid-Afrikaanse firmas, ook Telkom, Transnet, Liberty en Nedbank.

Hy het verlede jaar R50,5 miljoen by Old Mutual verdien.

Meer oor:  Nmt Capital  |  Vodacom  |  Alexander Forbes  |  Old Mutual  |  Peter Moyo  |  Direksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.