Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Old Mutual skors hoof glo oor belangekonflik

Old Mutual se aandeelhouers sal Vrydagmiddag op die jaarvergadering hoor waarom die maatskappy sy uitvoerende hoof geskors het, maar dit lyk of dit oor ’n etiese vraagstuk handel.

Old Mutual het Peter Moyo, sy uitvoerende hoof, geskors weens ’n “wesentlike ineenstorting van vertroue” tussen hom en die direksie, is Vrydagoggend vroeg in ’n Sens-verklaring aangekondig.

Geen rede vir die vertrouensbreuk is in die Sens-verklaring gegee nie. 

Peter Moyo, uitvoerende hoof van Old Mutual.

Tabby Tsengiwe, Old Mutual se kommunikasiehoof, het by navraag bevestig die maatskappy sal meer inligting verskaf op sy jaarvergadering, wat Vrydag om 14:00 in Sandton gehou word. 

Intussen word ’n brief egter op Twitter versprei wat lyk asof dit op ’n Old Mutual-mashoof geskryf is. Dit is glo aan Old Mutual-personeel gestuur. Sien foto hieronder.

Daarin sê Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual se direksie en voormalige minister van finansies, dat Moyo “met verlof” geplaas is. “Peter se skorsing hou nie verband met prestasie of bedryfsprobleme nie, maar is as gevolg van ’n belangekonflik wat met Peter se persoonlike belange verband hou.”

Manuel skryf dat hy weldra meer inligting sal verskaf. Tsingwe het nog nie op navrae oor die brief gereageer nie. 

Die maatskappy het vroegoggend op Sens aangekondig sy skorsing is onmiddellik van krag. Dit volg op “verskeie gesprekke” tussen die direksie en Moyo.

Iain Williamson, bedryfshoof, gaan in Moyo se plek as uitvoerende hoof waarneem.

Die maatskappy se aandeelprys het dadelik met die opening van die JSE met tot 6% geval. Teen 10:20 het dit egter die meeste van die veld herwin en was dit net 0,88% laer op R21,51.

Moyo was minder as ’n jaar lank uitvoerende hoof van Old Mutual Beperk, die maatskappy wat geskep is toe Old Mutual plc sy belange ontknoop het. Hy het dié pos vanaf 11 Junie 2018 beklee nadat Bruce Hemphill as uitvoerende hoof van Old Mutual plc uitgetree het met die ontknoping. 

Moyo was sedert 2017 hoof van Old Mutual Emerging Markets, effektiewelik maar die afdeling wat Old Mutual Beperk geword het.

Moyo was voorheen uitvoerende hoof van Alexander Forbes. Interessant genoeg het Alex Forbes onlangs uitgevaar teen sy vorige uitvoerende hoof, Andrew Darfoor, wat die groep as ’n gegriefde oudwerknemer beskryf het.

Op Twitter het aandelemakelaars en markontleders dadelik begin gons oor die skoknuus, veral in die lig van ander groot nuus vanuit die JSE se grootste firmas dié week. Dit sluit in Sasol se aankondiging dat sy Lake Charles-ontwikkeling nóg $1 miljard meer gaan kos en Massmart se aankondiging dat hy Mitch Slape van Walmart as sy uitvoerende hoof aanstel én dat sy wins val.

peter moyo, trevor manuel
Die brief wat Trevor Manuel, voorsitter van Old Mutual se direksie, na verneem word aan personeel gestuur het.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.