Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Omkeer-spesialiste’ belê in Burger King SA

Die omkeerspesialis Value Capital Partners (VCP) hou nou ’n belang van byna 21% in Grand Parade Investments (GPI), die Kaapse beleggingsbeheerfirma wat Burger King in Suid-Afrika bedryf.

Burger King se Suid-Afrikaanse lisensiehouer, GPI, het nuwe beleggers.

GPI het Woensdagmiddag in ’n Sens-verklaring aangekondig VCP het sy belang vergroot tot 20,88%. Die aankondiging kom net ’n dag nadat aangekondig is ’n trust waarvan Hassen Adams, uitvoerende voorsitter van GPI, ’n trustee en begunstigde is, het R60 miljoen se aandele verkoop.

VCP het in Desember verlede jaar – juis toe probleme met korporatiewe beheer by GPI aan die groot klok gehang is deur institusionele beleggers – die eerste keer in GPI belê. Sy belang was tot 8,05%.

VCP beskryf homself só op sy webwerf: “ ’n Beleggingsmaatskappy wat minderheidsbelange in genoteerde maatskappye hou en as ’n betrokke aandeelhouer van daardie entiteite optree om die maksimum opbrengs vir alle belanghebbendes aan te dryf.”

VCP het vantevore gehelp om die tegnologiefirma Altron en die mensehulpbronmaatskappy Adcorp om te keer.

VCP is ook belê in Sun International, en GPI is die minderheidsaandeelhouer in drie van die casino’s wat Sun bedryf, naamlik GrandWest in Kaapstad, Golden Valley in Worcester en SunSlots, wat dobbelmasjiene bedryf.

Die koper van die aandele is die Legae Peresec Fund Platform, die batebestuurder van verskeie fondse wat deur VCP geadviseer word.

Adams het nagenoeg ’n derde van sy aandele verkoop.

Meer oor:  Burger King  |  Grand Parade Investments  |  Gpi  |  Hassen Adams  |  Restaurante  |  Dobbelbedryf  |  Kitskos  |  Dobbel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.