Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Omnia kry nuwe baas
Die chemiese reus Omnia se kunsmisaanleg by Sasolburg vervaardig spesialiteitskunsmis wat aan ’n breë mark in Suider- en Oos-Afrika verskaf word. Foto: Verskaf

Die genoteerde Omnia se uitvoerende hoof, Adriaan de Lange (43), het met onmiddellike ingang bedank.

Geen rede is vir De Lange se bedanking verskaf nie.

Seelan Gobalsamy (43), finansiële direkteur, is met ingang 21 Augustus as nuwe uitvoerende hoof aangestel.

De Lange het homself op ’n raadgewende grondslag aan die groep beskikbaar gestel. Dit is nie seker wat daarmee bedoel word en of hy betaal word vir die rol nie.

De Lange het in 2003 by die groep aangesluit. Hy is in Junie 2017 as die besturende direkteur van die groep aangestel.

Omnia het in Augustus aangekondig ’n regte-uitgifte gaan plaasvind om R2 miljard in te samel om sy skuldlas te verminder.

LEES OOK: Beleggers red Omnia teen groot afslag

Ralph Havenstein, nuwe voorsitter van Omnia, meen Gobalsamy het ’n belangrike rol gespeel om die groep se finansiële posisie te stabiliseer.

LEES OOK: Omnia se voorsitter waai midde-in skuldkrisis

“Hy het die volle ondersteuning van die direksie om die omkeerplan toe te pas, wat insluit om Omnia se finansiële posisie te stabiliseer, die vertoning van die groep te verbeter en die maatskappy te lei na sy volgende groeifase,” sê Havenstein.

Gobalsamy se inligting op Omnia se webtuiste toon hy is ’n geoktrooieerde rekenmeester. Hy het ’n B.Com in rekenkunde by die Rhodes-Universiteit verwerf. Hy het ook volgens sy Linkedin-profiel in 2013 by die Harvard Sakeskool gestudeer. Hy was van 2014 tot 2017 die uitvoerende hoof van Stanlib. Daarna was hy vir sewe maande die uitvoerende hoof van opkomende markte van Liberty Holdings.

Hy het in September 2018 as nie-uitvoerende direkteur by Omnia aangesluit en in Maart die finansiële direkteur geword.

Meer oor:  Omnia  |  Adriaan De Lange  |  Maatskappye  |  Bedanking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.