Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ondersoek, regskoste kos Steinhoff meer as R5 mjd.

Die forensiese ondersoek oor die ongerymdhede met Steinhoff se boeke, regskoste en die adviseurs wat aangestel is om met skuldeisers te onderhandel, beloop al meer as R5 miljard die afgelope twee jaar.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff.

Die groep is nou eindelik op datum met sy jaarverslae nadat hy sy jaarverslag vir die boekjaar tot einde September 2019 uitgereik het.

Die jaarverslag toon die werk wat nodig was om die maatskappy finansieel te herstruktureer ná die ineenstorting van sy aandeelprys einde 2017 het in die boekjaar met 35% tot 158 miljoen gestyg. In die vorige boekjaar het dit 117 miljoen beloop.

Ingesluit daarby is die koste van die forensiese ondersoek van 16 miljoen (2018: 24 miljoen).

Die styging in dié uitgawes het daartoe bygedra dat die verlies van die groep verdiep het.

Die groep se inkomste het met 5% tot 12 miljard gestyg.

Die regskoste en ander koste is onder ander uitgawes ingesluit wat met 217% tot 936 miljoen gestyg het. Ander uitgawes sluit ook in talle afskrywings in die boekjaar op klandisiewaarde, ontasbare bates en eiendom en toerusting.

Ná sy uitgawes word ’n bedryfsverlies van 389 miljoen getoon vergeleke met die herstateerde 2018-bedryfswins van 221 miljoen.

Die groep het ’n nabelaste verlies uit voortgesette bedrywighede van 1,3 miljard gely (2018: 520 miljoen).

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Forensiese Ondersoek  |  Meubelhandel  |  Bedrog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.