Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Onluste: ‘15 keer om aarde’ se vervoer verloor

Die aantal kilometer van vervoer wat die afgelope week weens die onluste verloor is, is gelykstaande aan ’n reis van 15 keer om die aardbol, volgens Netstar.

vragmotor uitgebrand, onluste, jacob zuma
Die uitgebrande wrak van 'n vragmotor wat in Mooirivier, KwaZulu-Natal, onder betogers deurgeloop het wat protes aanteken teen oudpres. Jacob Zuma se gevangenisstraf. Foto: Reuters

Dié maatskappy, wat die inligting van voertuigopsporingstoestelle monitor, sê die inligting toon dat 613 000 km van aflewerings in net sewe dae deur net drie groot kliënte verloor is.

Die inligting toon dat van 10 tot 16 Julie het die kilometers wat afgelê is, in vergelyking met die vorige drie maande se kilometers, landwyd met 74% gedaal.

Tussen die drie kliënte is bykans 30 000 ritte om goedere af te lewer gekanselleer of uitgestel.

Netstar is ’n filiaal van die genoteerde Altron-groep.

Volgens die onderneming is sy kommersiële kliënte in KwaZulu-Natal die ergste getref met meer as 78% van hul vragmotors wat nie gedurende die onluste kon ry nie.

Gauteng is aanvanklik erg geraak met amper die helfte van die vragmotors wat stilgestaan het. Sy kliënte in dié provinsie kon egter vinniger herstel en het net 15% van hul afleweringsvermoë verloor.

Volgens Netstar het die bedryf teen die einde van die week tekens van herstel getoon, met die gemiddelde aantal reise wat na normale getalle begin terugkeer het, behalwe in KwaZulu-Natal.

Vragmotors van Pick n Pay staan reg om met groot hoeveelhede noodsaaklikhede na KwaZulu-Natal te reis.

Pierre Bruwer, besturende direkteur van Netstar, sê die maatskappy hou die verwikkelings in die land fyn dop, selfs terwyl die situasie normaliseer.

“Ons spanne op die grond en ons helikopters het ons kliënte en wetstoepassers tydens die krisis ondersteun.

“Die vragmotorbedryf is die lewensaar van ons ekonomie, want dit speel ’n noodsaaklike rol om goedere na die mark te kry en die wiele aan die rol te hou.”

Meer oor:  Plundery En Geweld  |  Vragmotors  |  Durban  |  Onluste  |  Paaie  |  Infrastruktuur  |  Kzn-Herstel  |  N3  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.