Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Onluste: Old Mutual wil eise binne 3 weke afhandel

Old Mutual Insure wil die meerderheid van die eise weens die onlangse onluste en plundery teen middel Augustus afhandel.

Die onderneming Bargain Basket in Durban nadat dit middel Julie geplunder is.

Korttermynversekeraars behartig die eise namens die staatsonderneming Sasria.

Die aankondiging deur Old Mutual kom nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand in sy boodskap aan die land gesê het die regering sal Sasria ondersteun om te verseker die betaling van eise vind sonder ’n vertraging plaas.

Sasria self het beloof om eise van minder as R1 miljoen binne weke uit te betaal.

“Die eise is tans ons grootste prioriteit omdat ons ondernemings so gou moontlik weer aan die gang wil kry vir werksekerheid sodat gesinne kos op die tafel kan sit,” sê Hennie Nortje, uitvoerende hoof van eise, verkope en dienste van Old Mutual Insure.

Nortje sê dis baie belangrik dat die versekeringsbedryf so vinnig moontlik werk sodat die ekonomie in die gebied herbou kan word.

“Ons glo die beste manier waarop die versekeringsbedryf kan bydra tot die heropbou van die ekonomie, is om hom daartoe te verbind om dié eise te prioritiseer en hulle vinnig te laat verwerk sodat daar geen werkverliese is nie en dat ons uiteindelik help om ons kliënte se lewensbestaan te red.”

Old Mutual daag ander versekeraars wat saam met Sasria werk uit om soos hy ’n openbare belofte te maak om op die laatste teen die middel van Augustus 80% van die eise te skik of ’n tussentydse betaling daarvoor te maak.

Volgens Nortje wil die versekeraar vandeesweek reeds die Sasria-eise wat hy ontvang het vir motors en vragmotors assesseer.

Old Mutual Insure nooi ook die ander versekeraars uit om sy skenking te ewenaar.

Die maatskappy gaan R10 miljoen skenk vir die herbou van klein ondernemings in die onlusgeteisterde gebiede.

Die totale skade wat gely is, moet nog vasgestel word op versekerde en onversekerde ondernemings.

Old Mutual Insure het sedert Maandag 12 Julie ’n toestroming van eise gehad. Te oordeel na die “vorige ervaring met katastrofes”, word verwag dat ’n groot getal eise nog aangemeld sal word.

Verdere hulp wat aangekondig is, is om die premies vir spesifieke ondernemings vir Augustus met 30% te verlaag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.