Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Onluste: R539 m. net om kitsbanke te vervang

Banke maak nog somme oor hoeveel kontant van hulle geroof is tydens die onlangse onluste, volgens Bongiwe Kunene, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa).

SOWETO, SOUTH AFRICA - JULY 13: Aftermath at Diepk
Meer as 1 200 kitsbanke is in KwaZulu-Natal en Gauteng beskadig, soos dié een in Diepkloof, Soweto. Foto: Getty Images

Volgens haar word op ’n beraming van R20 miljoen gewerk.

Basa het ná die mediakonferensie in verdere inligting wat verskaf is, gesê daar is nie ’n amptelike skatting oor hoeveel kontant verloor is nie omdat dit nog getel word. “Ons verkies om dié soort syfers nie te skat nie weens moontlike strafregtelike en versekeringsake. Wat ons reeds weet, is dat dit miljoen rande se kontant beloop wat vermis is.”

Kunene het gesê geen bankkluise is geplunder nie.

Sy het op ’n mediakonferensie op Zoom bygevoeg dit is in elk geval baie selde dat banke kontant in bankkluise hou.

Later het Basa dié inligting aangevul en gesê hy weet hy nie of daar skade aan bankkluise was nie. “Waar takke gebrand het of heeltemal verwoes is, word die toestand van die bankkluis nog bepaal.”

Volgens Kunene sal alle kitsbanke wat in die onluste beskadig is, binne twee maande herstel of vervang word.

Meer as 1 200 kitsbanke en amper 270 banktakke is beskadig of vernietig in die onluste.

Van dié kitsbanke is 565 in Gauteng en 650 in KwaZulu-Natal.

Van die banktakke is 126 in Gauteng en 140 in KwaZulu-Natal.

Volgens haar is die banke nog besig om die skade aan hul infrastruktuur te ontleed en herstelplanne te maak.

Die gemiddelde vervangingskoste van ’n kitsbank in Suid-Afrika is R385 000, wat beteken dit kan R539 miljoen kos om net die kitsbanke te vervang. Daar is ook addisionele installasiekoste.

Nie elke beskadigde kitsbank sal vervang hoef te word nie.

“Die koste om banktakke te vervang of op te knap sal waarskynlik wesenlik hoër wees.”

Volgens haar werk banke, kleinhandelaars en die Poskantoor met die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) saam om te verseker dat daar kontant- en ander betaalpunte vir toelae binne ’n redelike afstand van die begunstigdes van staatstoelae is waar die infrastruktuur van banke, die Poskantoor of winkels vernietig is.

Kunene sê 12,5 miljoen maatskaplike toelae word maandeliks met behulp van banke se infrastruktuur uitbetaal.

Sassa versprei meer as 2 miljoen toelae aan ou mense, kinders en gestremdes in Gauteng en meer as 2,6 miljoen in KwaZulu-Natal.

Die vereniging het reeds aangekondig die addisionele bankkoste as iemand van ’n ander bank as hul eie gebruik maak, sal opgehef word van 1 Augustus tot 30 September om die begunstigdes by te staan wat van ander banke as hul eie moet gebruik maak.

LEES OOK: Onluste: Banke skarrel voor maandeinde

Kunene sê ook die banke en ander belangegroepe sal Sassa bystaan met die spesiale noodverligtingstoelaag van R350 wat weer deur die regering ingestel is.

Van die hulp wat die banke oorweeg om aan klein ondernemings te gee, is oorbruggingsfinansiering totdat hul versekeringseise deur Sasria verwerk en uitbetaal is.

Basa sê ondernemings wat nie versekering het nie, sal staatshulp moet kry. Dit kan insluit spesiale toelae of tydelike maatstawwe soos munisipale tariewe wat opgehef word.

Meer oor:  Plundery En Geweld  |  Kitsbanke  |  Onluste  |  Banke  |  Basa  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.