Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ons het sélf gestap, sê Transnet oor BLSA
Business Leadership South Africa (BLSA) het vroeër Donderdag gesê hy het vir Transnet en Eskom as lede van dié liggaam geskors. Transnet sê hy het self geloop. Foto: Transnet

Transnet sê hy is g’n geskors as lid van Business Leadership South Africa (BLSA) nie, hy het self besluit om nie sy lidmaatskap te hernu nie.

BLSA het vroeër Donderdag gesê hy het vir Transnet en Eskom as lede van dié liggaam geskors. Dit kom ná gesprekke met die twee staatsinstellings in verband met “omvangryke bewerings van korrupte optrede oor ’n lang tydperk”, sê BLSA in ’n verklaring.

Transnet sê BLSA se verklaring dat sy lidmaatskap opgeskort is, is “onakkuraat en misleidend”.

Volgens Transnet het BLSA hom vroeër vanjaar gevra of hy sy lidmaatskap vir 2017 gaan hernu. Hy het ter wille van kostebesparing daarteen besluit en het BLSA op 9 Augustus daarvan in kennis gestel.

Bonang Mohale, uitvoerende hoof van BLSA, het Transnet gevolglik genader vir ’n vergadering om die kansellasie te bespreek, maar dit het nooit plaasgevind nie, sê Transnet.

“Hoewel Transnet die rol wat BLSA in Suid-Afrika speel, waardeer, is dit betreurenswaardig dat Mohale gekies het om die publiek op so ’n skouspelagtige manier te mislei,” sê Transnet.

Die maatskappy sê hy weet van berigte wat twyfel saai oor sy verkrygingsprosedures en hy beskou die bewerings in ’n ernstige lig.

“As daar enige strafbare feite opkom, sal die nodige stappe gedoen word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.