Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ons is 'n noodsaaklike diens, pleit motorbedryf
Indien die motorbedryf moet sluit gedurende die staat van inperking, sal nooddienste gekniehalter word as hul voertuie sou breek of onderdele benodig. Foto: Argief

Nooddienste sal onderdele en instandhouding van voertuie benodig.

Dis waarom die motorbedryf pleit dat kleinhandelaars van onderdele en bekomstighede, asook herstel- en instandhoudingsdienste vir motors en motorfietse op die lys van noodsaaklike dienste geplaas word wat tydens die staat van inperking mag oop bly.

Die lys noodsaaklike dienste is nog nie in ’n spesiale Staatskoerant gepubliseer nie, maar in dié stadium sluit dit koswinkels, apteke, vulstasies, banke, mediese dienste en veeartse in. Die volledige lys word Woensdag verwag.

Volgens die Retail Motor Industry Organisation (RMI) maak te veel nooddienste en ander belangrike ondernemings gedurende die Covid-19-pandemie op voertuie staat om die uitwerking van die verergerende virussiekte en staat van inperking te bestry. Hulle moet verseker wees dat hul motors in stand gehou kan word of herstel kan word. Daarsonder kan die regering se veldtog om Covid-19 in bedwang te bring misluk, sê die RMI.

“Dis uiters belangrik dat noodsaaklike aflewerings- en ander dienste deur ’n netwerk van betroubare en veilige voertuie onderhou word, dit wil sê voertuie vir nooddienste, wetstoepassing, die brandweer, aflewerings en so meer,” het Jakkie Olivier, uitvoerende hoof van die RMI, Dinsdag in ’n verklaring gesê.

“Dis belangrik dat voortgesette instandhouding en herstelwerk aan voertuie gedoen word om hulle veilig en padwaardig te hou gedurende die Covid-19-pandemie.”

Dis belangrik dat voortgesette instandhouding en herstelwerk aan voertuie gedoen word om hulle veilig en padwaardig te hou gedurende die Covid-19-pandemie.

Met pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Maandagaand dat ’n staat van inperking vanaf Donderdagaand vir drie weke geld, het die RMI by Business Unity South Africa (Busa) gepleit om namens hulle die regering te oortuig van die noodsaaklikheid van voortgesette dienslewering in die motorbedryf.

Die RMI sê die aanwysing van die motorbedryf as ’n noodsaaklike diens gedurende die pandemie en staat van inperking sou in pas wees met beleid oorsee.

In die VSA is sy eweknie, die Auto Care Association, toegelaat om oop te bly.

“Ons is deeglik bewus van die dringende behoefte om die Covid-19-pandemie te bekamp, maar dis ook waar dat die nooddienste se uitvoering belemmer kan word sonder die noodsaaklike ondersteuningsdienste soos herstel- en instandhoudingswerk vir alle motorvoertuie en motorfietse, asook die nodige onderdele,” sê Olivier.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Motorbedryf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.