Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Onsekerheid oor Denel-pensioen sleep voort
Denel se kantoor in Pretoria. Foto: Reuters

Die staat se wapentuigvervaardiger Denel se aftreefonds het nog nie sy lede se pensioenfondsbydraes vir Junie ontvang nie.

Die vakbond Solidariteit wat werknemers by Denel verteenwoordig, het Donderdag gesê hulle het dit by Denret, die Denel-aftreefonds, verneem.

Dit kom nadat Denel nie in Junie betyds werknemers se salarisse kon betaal nie en noodlenings moes inderhaas aangegaan word om personeel te betaal.

Volgens Solidariteit het Denel se bestuur in ’n vergadering met vakbonde gesê uitstaande pensioenbydraes is wel ten volle oorbetaal. Solidariteit wou egter die bewys van betaling by Denel eis.

“Denel het nog nie met die bewys van betaling vorendag gekom nie en die onsekerheid duur dus voort. Die manier waarop Denel werknemers behandel, is ’n absolute skande,” sê Helgard Cronjé, Solidariteit se sektorkoördineerder vir verdediging en lugvaart.

Volgens Cronjé het Solidariteit ’n mandaat van sy lede om strafregtelike klagte teen Denel aanhangig te maak om hom te dwing om die uitstaande bedrae te betaal.

Denel het in gesprekke weer verskoning gevra en toegegee die situasie veroorsaak groot ongerief. Die maatskappy het bygevoeg dat hy hom daartoe verbind om inligting betyds te deel. Aftrekkings vir belasting, vir die Werkloosheidsversekeringsfonds en vir die vaardigheidsheffing is volgens Solidariteit egter ook steeds nie aan die betrokke instellings oorbetaal nie.

Solidariteit sê hy doen regstappe om te verseker dat die uitstaande aftrekkings oorbetaal word.

“Die laat betaling van salarisse het 'n enorme impak op die mense. Dit is huiseienaars wat gevaar loop om hul huise te verloor, ouers wat nie vir hul kinders se opvoeding kan betaal nie en gesinne wat weens die finansiële druk knak,” waarsku Cronjé.

Meer oor:  Solidariteit  |  Denel  |  Pensioen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.