Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ontslag van 4 by Prasa verwelkom

Die ontslag van vier senior amptenare van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) se veiligheidsdienste, wat skuldig bevind is aan onreëlmatighede rondom verkrygingsprosesse, is Maandag deur die United National Transport Union (Untu) verwelkom.

“Dit is die eerste afdankings wat spruit uit die ernstige bevindinge wat prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, gemaak het in haar verslag oor Prasa getiteld ‘Derailed’ wat in 2015 gepubliseer is,” sê Steve Harris, sekretaris-generaal van Untu, in ’n verklaring.

Volgens Harris is die vier amptenare ná ’n tugverhoor aan onreëlmatighede skuldig bevind in die toekenning van kontrakte vir veiligheidsdienste wat terugdateer na 2009.

“Untu ondersteun Prasa in sy pogings om korrupsie uit te roei en ontslae te raak van die vrot appels wat sy pogings kniehalter om ’n trotse, veilige en betroubare verskaffer van treindienste in Suid-Afrika te word,” sê Harris.

Meer oor:  Steve Harris  |  Thuli Madonsela  |  Ontslag  |  Prasa  |  Amptenare  |  Onreëlmatighede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.