Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Onwettige dobbel in SA verg optrede’
Interessante statistieke oor dobbel in Suid-Afrika.

Casino’s se inkomste het vanjaar weer gegroei nadat dit in die vorige boekjaar vir die eerste keer sedert 1997, toe die bedryf begin het, gedaal het.

Die inkomste het vanjaar met 3,5% gegroei tot R18,5 miljard, vanaf R17,8 miljard verlede jaar, volgens die Casinovereniging (Casa) se jaarlikse opname wat die afgelope week bekend gemaak is.

Verlede jaar se daling van 1,8% is toegeskryf aan moeilike ekonomiese omstandighede, asook onwettige dobbel, veral aanlyn. Casa doen ’n beroep op die owerhede om op te tree teen onwettige dobbel voordat dit só erg word dat die probleem onoorkombaar is, sê Jabu Mabuza, voorsitter van Casa, in die organisasie se jaarlikse opname.

Themba Ngobese, die uitvoerende hoof, sê onwettige dobbel is nie net nadelig vir die individuele casino’s nie, maar ook vir die groter samelewing, omdat belastinginkomste, werksgeleenthede en ander ekonomiese aktiwiteite onderdruk word.

Die regering moet daarom aanlyn dobbel óf wettig óf optree teen oortreders.

Casa sê sy lede se bydrae tot belasting was die afgelope jaar sowat R6,1 miljard. ’n Totaal van 38 120 mense werk in die bedryf.

Daar is altesaam 39 dobbelplekke in Suid-Afrika.

Meer oor:  Dobbelbedryf  |  Dobbel  |  Casino's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.