Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ook by Clicks koop jy nou van agter plastiek
Kassiere werk nou van agter plastiekversperrings in Clicks.

Clicks volg in die spore van Pick n Pay deurdat hy al sy betaalpunte en apteke met plastiekskerms toerus om aptekers, kassiere en verbruikers teen Covid-19 te beskerm.

Verpakkers en ander werknemers wat in Clicks werk, is almal ook van ’n plastiekgesigmasker voorsien. Dié maskers is soortgelyk aan wat Makro ook vir al sy werknemers aangeskaf het.

Luidens ’n verklaring is Clicks se maskers spesiaal ontwerp om beskerming te bied teen druppeltjies wat vrygestel word as iemand hoes, nies of selfs praat.

Die winkelgroep het gratis griepinspuitings aan al sy werknemers aangebied om hul immuniteit te versterk.

Clicks is oop te midde van die staat van inperking aangesien hy noodsaaklike items soos toiletware en medisyne verskaf.

Clicks se personeel dra almal nou spesiale plastiekmaskers.

Sedick Arendse, bedryfshoof van Clicks-winkels, doen ’n beroep op alle verbruikers om gedurende die inperkingstyd ’n veilige afstand te handhaaf en kontak met mekaar en werknemers tot die minimum te beperk.

Daarom beperk Clicks die getal mense in sy winkels en het hy in die apteek en by kassiere merkers op die vloer gesit om aan te dui hoe ver klante hier van mekaar moet staan as hulle in ’n ry wag.

Meer oor:  Clicks  |  Winkelgroep  |  Apteek  |  Staat Van Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.