Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ook Mercedes gaan sy aanleg sluit weens korona

Mercedes-Benz in Suid-Afrika het Maandag aangekondig hy gaan produksie aan nuwe motors by sy aanleg in Oos-Londen begin afskaal te midde van die Covid-19-pandemie.

In ’n verklaring sê die motorvervaardiger hy gaan produksie afskaal en uiteindelik alle bedrywighede by die aanleg op 9 April staak.

Ook Mercedes-Benz gaan sy aanleg in Oos-Londen sluit weens die koronavirus. Foto: Getty Images

Hy beplan om die aanleg minstens vyf weke buite bedryf te hou.

Dié tydperk kan moontlik verleng word, afhangende van “verdere verwikkelinge”.

Intussen gee die maatskappy die versekering dat maatreëls in plek is om die gesondheid en veiligheid van sy werkers in Oos-Londen teen die nuwe koronavirus te beskerm.

Oos-Londen het oor die naweek die eerste stad in die Oos-Kaap geword waar ’n vrou positief vir Covid-19 getoets is.

Dié vrou het Maandag ook uit kwarantyn ontsnap nadat sy geweier het om ingeperk te word om die verspreiding van die virus te probeer keer.

Ook Ford het Maandag aangekondig hy gaan sy aanlegte in Suid-Afrika en elders in die wêreld weens die koronavirus sluit.

Ford se Silverton-aanleg in Pretoria en Stuandale-aanleg in Port Elizabeth sal op 27 Maart vir ’n “paar weke” sluit totdat die pandemie hopelik onder beheer gebring word.

Dit volg minder as ’n week nadat BMW soortgelyke sluitings aangekondig het wat ook sy Rosslyn-aanleg in Pretoria tot minstens 19 April raak.

Teen Maandagmiddag het Suid-Afrika 402 bevestigde gevalle van Covid-19 gehad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.