Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Oor dié bank kla mense die meeste

Die meeste klagtes wat die bankombudsman in 2019 ontvang het, het oor FNB en internetbankdienste gehandel.

Reana Steyn, die bankombudFoto: Verskaf

Die resultate vir die jaar is Woensdag bekend gemaak. Hiervolgens is 6 472 klagtes in 2019 teenoor 7 115 in 2018 ontvang.

Ná FNB (1 707) was die meeste klagtes oor Absa (1 483), Standard Bank (1 127), Nedbank (1 094) en Capitec (763).

FNB was ook die enigste van die groot banke waar die klagtes sedert 2018 (met 9%) toegeneem het. By die res het die klagtes gedaal.

Reana Steyn, die ombud, sê in ’n verklaring klagtes neem nie noodwendig toe omdat ’n bank ’n swakker diens lewer nie. Dit hou ook verband daarmee dat mense toenemend bewus raak van haar kantoor se diens en daarvan gebruik maak.

Daar moet ook in ag geneem word dat daar noodwendig meer klagtes gaan wees oor banke wat meer kliënte het.

klagtes

Die diens waaroor Suid-Afrikaners die meeste gekla het, was net soos vorige jare internetbankdienste. Altesame 18% van alle klagtes het daaruit voortgespruit. Hiervan is 1 292 klagtes opgelos.

In verreweg die meeste van die gevalle (73%) is ten gunste van die bank bevind, met net 23% wat in die guns van die kliënte was.

Steyn sê die meeste klagtes was weer eens net soos vorige jare meestal oor selfoonbank- en uitvissingsbedrog.

klagtes

Daar is ’n behoefte aan die voortgesette opvoeding en bewusmaking van verbruikers oor hierdie soort of enige ander bedrog, en die ombud is daartoe verbind om die bankgemeenskap hiermee te help, sê sy.

Die tweede meeste klagtes wat opgelos is (904), was oor kredietkaarte en die derde meeste oor kitsbanke (821).

Klagtes oor kredietkaarte het tot 15% van die totaal gestyg vergeleke met 12% in 2018.

“Die twee kwessies waaroor die meeste gekla is, hou verband met kaartbedrog en terugbetalingsgeskille voortspruitend uit aanlyn handel,” sê Steyn.

banke

Die meeste klagtes kom uit Gauteng (44%), gevolg deur die Wes-Kaap (15%) en KwaZulu-Natal (13%). Die meeste klaers is ouer as 40 jaar en hulle kla meestal oor internetbankdienste, kredietkaarte en kitsbanke.

Mense jonger as 31 jaar kla meestal oor kitsbanke, gevolg deur internetbankdienste en motorfinansiering.

Die meeste klaers (43%) het by ander mense gehoor van die dienste wat die ombud lewer; 22% het by hul bank en 13% het oor die radio van die ombud gehoor.

Steyn sê sy kan nie nou kommentaar lewer oor die impak van die koronaviruspandemie op die bankdienste nie.

Dié inligting sal na verwagting vervat word in die jaarverslag wat in Mei 2021 uitgereik sal word.

Meer oor:  Nedbank  |  Fnb  |  Absa  |  Standard Bank  |  Bankdienste  |  Klagtes  |  Banke  |  Ombudsman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.