Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Oortreding van arbeidswette kos winkelier R11 m.

Die eienaar van agt Spar-takke moet meer as R11 miljoen binne 14 dae opdok en aan werkers oorbetaal omdat hy nie aan arbeidswetgewing voldoen het nie.

Aggy Moiloa, arbeidsinspekteur-generaal van die departement van indiensneming en arbeid, het Maandag dié uitspraak van die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie verwelkom.

LEES OOK: Spar skop groot fanchise-houer uit

Arbitrasie is toegeken ten gunste van die departement teen die Spar-takke, wat almal deur die Giannacoupolous-groep besit word vir onder meer oortyd, onwettige aftrekkings en die nienakoming van die nasionale wet op minimum lone.

“Die werk wat deur ons inspekteurs gedoen word, dra daartoe by om ’n verskil in die lewens van kwesbare werknemers te maak. Ek maan werkgewers om die arbeidswette van ons land te respekteer en na te kom,” het Moiloa gesê.

Teboho Thejane, woordvoerder van die arbeidsdepartement, het in ’n verklaring gesê die eienaar moet ’n bedrag van R11 935 478 in vergoeding oorbetaal aan die eisers.

“Die respondent moet binne 14 dae ook voldoen aan klousules 3.3 tot 3.16 van dieselfde bevel. Versuim om hieraan te voldoen sal beteken dat die respondent opgelope rente moet betaal kragtens artikel 75 van

die wet op basiese diensvoorwaardes.”

Die besluit kom ná inspeksies wat in Mei verlede jaar gedoen is toe die departement ’n string klagtes ontvang het van growwe oortredings van arbeidswetgewing wat by Spar-takke landswyd plaasgevind het.

“Tydens die ondersoek is daar bepaal dat al dié takke deur mnr. Giannacoupolous besit word.”

Tien winkels is hierdeur geraak, waarvan nege in Gauteng en een in Noordwes is.

“Personeel het gekla dat die werkgewer versuim om indiensnemingskontrakte uit te reik, dat hulle lang werksure sonder oortydvergoeding werk, geen verlof op Sondae of openbare vakansiedae kry nie, dat hy onwettige buitelanders aanstel en onwettige salarisaftrekkings maak,” het Thabane bygevoeg.

Die inspeksies is gedoen by Spar Orchards, Delyweg, Doornpoort Spar, Montana Spar, Wierda Spar, Silverton Spar, Zambezi Super Spar, Rietfontein Spar, Silverplace Spar en Safari Spar in Rustenburg.

Dié takke het altesaam 565 personeellede in diens.

Meer oor:  Departement Van Arbeid  |  Spar  |  Arbeidswette  |  Kleinhandelaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.