Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Opsies vir SOE's sluit in deure sluit, sê tesourie

Suid-Afrika kan nie daarmee volhou om staatsondernemings te dra wat nie van kernbelang vir ontwikkelingsdoelwitte is nie.

Tesourie het vanjaar reeds ondersteuning aan onder meer die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), die SAUK, Denel en Eskom verleen.

So meen rolspelers wat Woensdag in Sandton, Johannesburg, deelgeneem het aan Deloitte se vierde Gearing for Growth-konferensie in Sandton, wat op Suid-Afrika se beleërde staatsondernemings gefokus het.

Skaal van korrupsie

Die hoofspreker was Lim Hwee Hua, ’n private-ekwiteitsbelegger en voormalige politikus van Singapoer. Sy het 15 jaar lank kernposte in die Singapoerse regering beklee en was betrokke by die herstrukturering en grootskaalse privatisering van hul staatsondernemings.

Die skaal van korrupsie gaan steeds ’n mens se verstand te bowe. Daar is ook meer skuld, meer nepotisme, en talle staatsondernemings staan op die afgrond van insolvensie.
Lim

Dit word allerweë beskou dat dié stappe ’n groot rol gespeel het in die ontwikkeling van Singapoer tot op eerstewêreldvlak.

“Staatsondernemings in Suid-Afrika vaar tans nog slegter as toe ek in 2016 laas hier was,” sê Lim.

“Die skaal van korrupsie gaan steeds ’n mens se verstand te bowe. Daar is ook meer skuld, meer nepotisme, en talle staatsondernemings staan op die afgrond van insolvensie.”

Lim meen wel Suid-Afrika se staatsondernemings moenie verdwyn nie. Hulle is nodig vir Suid-Afrika se broodnodige ontwikkelingspad.

Om te herstel sal ’n gesamentlike poging van enorme skaal verg, ’n mate van of privatisering of minstens konstante evaluasie om te sien wanneer (“en nie of”) privatisering nodig word, asook eenparige politieke wil, sê sy.

“As jy geen politieke wil het nie, kan jy nie eens begin met so ’n projek nie.

“En ongeduld moet in toom gehou word. Jy kan nie verwag om oornag resultate te kry as jy iets vir só lank net

Ons het ons staats-ondernemings in drie kategorieë verdeel: groen, oranje en rooi. Die meeste van hulle is rooi.
Rajlal

gelos het nie.”

Sy sê dit het Singapoer – met al die nodige politieke steun en deursigtige prosedures – 20 jaar geneem.

Rooikaarte

Ravesh Rajlal, hoofdirekteur van die tesourie, het tydens die paneelbespreking gesê Suid-Afrika het hierdie soort lesse begin leer en is vinnig op pad om moeilike besluite te neem. “Ons het ons staatsondernemings in drie kategorieë verdeel: groen, oranje en rooi.

“Die meeste van hulle is rooi.”

Hy sê die tesourie het vanjaar reeds ondersteuning aan onder meer die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), die SAUK, Denel en Eskom verleen, “maar ons koffers raak nou baie leeg”.

“Ons moet doodeenvoudig begin kyk na ander opsies.”

Van die opsies waarna die tesourie kyk, is sogenaamde private-sektor-vennootskappe (PSP’s).

Hy sê deelname van die private sektor kan kontantvloei en dienslewering beduidend verbeter, veral aangesien die regering toenemend agterkom dat hy “nie werklik al sowat 750 staatsondernemings nodig het nie”.

Deure sluit

Dr. Martyn Davies, besturende direkteur van Deloitte, het opgemerk dit is die eerste keer dat hy hoor van PSP’s, maar hy verstaan hoekom nuwe terme gebruik word vir wat uiteindelik op stelselmatige privatisering neerkom.

Ons kyk nou ook of ’n staats-onderneming werklik van kernbelang is vir die land se ontwikkelings-doelwitte en of dit eerder geprivatiseer, geamalgameer of eenvoudig toegemaak moet word.
Rajlal

Volgens Rajlel is privatisering nie al opsie waarna die regering kyk nie.

“Ons kyk nou ook of ’n staatsonderneming werklik van kernbelang is vir die land se ontwikkelingsdoelwitte en of dit eerder geprivatiseer, geamalgameer of eenvoudig toegemaak moet word.

“Ons gaan hierdie hervormings met haas begin toepas. Ons het die afgelope twee jaar deeglik geleer hoe dringend dit is.”

Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens. Foto: Argief

Vuyani Jarana,  uitvoerende hoof van die SAL, sê staatsondernemings moet ’n fyn balans tussen kommersiële en strategiese waardes handhaaf.

Nie strategies

“Soms is dit werklik oukei dat ’n staatsonderneming vir ’n tyd lank nie kommersieel winsgewend is nie, maar dat hy steeds ’n strategiese waarde toevoeg tot ’n land wat die private sektor nie kan of wil toevoeg nie.”

Hy meen wel die SAL voeg nie meer die strategiese waarde toe wat hy vroeër het nie.

“Dit is dan tyd om kommersieel gefokus te raak. Die regering blyk saam te stem. Maar as ons dan moet meeding as ’n kommersiële rolspeler, moet ons vry wees om presies soos hulle te kan funksioneer.”

Om dit reg te kry, is dit noodsaaklik dat die staat hulle nie meer met teenstrydige doelwitte belemmer nie.

“Daardie dae is verby.”

Die paneelgesprek met hoofde van staatsondernemings Woensdag. Van links is Martyn Davies, besturende direkteur van Deloitte; Mohan Vivekanandan, uitvoerende bestuurder van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika; Ravesh Rajlal, hoofdirekteur van die tesourie, Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor; Bongani Maseko, uitvoerende hoof van Acsa; en Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die SAL. Foto: William Horne

Meer oor:  Deloitte  |  Sal  |  Denel  |  Eskom  |  Ravesh Rajlal  |  Lim Hwee Hua  |  Staatsondernemings  |  Korrupsie  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.