Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ou Gupta-vliegtuig hopelik gou verkoop
Die Bombardier Global 6000-vliegtuig wat voorheen aan die Guptas behoort het. Foto: City Press

Daar is belangstelling om die Bombardier Global 6000-vliegtuig (’n 2015-model) te koop wat voorheen aan die Guptas behoort het.

Danie Joubert van Jetcraft, een van die bemarkers van dié vliegtuig, het Maandagoggend vir Netwerk24 gesê sover hy weet, is die vliegtuig nóg nie verkoop nie.

’n Advertensie vir dié vliegtuig het reeds op 10 September in die gedrukte weergawe van Business Day verskyn.

Joubert sê dit is glad nie die geval dat kopers twee keer sal dink in die huidige ekonomiese klimaat nie. “Onthou, ons mark is wêreldwyd, nie net Suid-Afrika nie.”

Volgens hom is kopers wat in dié tipe vliegtuig belang stel se finansies van so ’n aard dat hulle nie beïnvloed word deur gebeure van die dag nie.

Joubert wou nie ’n spesifieke waarde aan die Guptas se vliegtuig heg nie.

“Dit hang alles af van hoeveel ure die vliegtuig reeds gevlieg het en of daar enige aanpassings daaraan gemaak is.”

Joubert sê in die geval van die Guptas se vliegtuig is daar nie enige beduiende aanpassings gemaak nie.

“Hy is redelik standaard vir ’n Bombardier Global 6000,” sê hy.

Times Live het voorheen berig dat die vliegtuig ’n koper tot soveel as $30 miljoen uit die sak sal jaag.

Die Guptas het oorspronklik die vliegtuig in 2015 met behulp van Export Development Canada (EDC), Kanada se bank vir in- en uitvoer, gekoop.

EDC het $41 miljoen aan die Guptas geleen.

The Washington Post berig dat EDC in 2018 die vliegtuig wou terugvat nadat die Guptas nie uitstaande skuld van $27 miljoen betaal het nie.

EDC en Stoneriver, wat die vliegtuig vervaardig het, het ’n aansoek dat die vliegtuig aan hulle terugbesorg moet word, by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien.

Regter Fayeeza Kathree-Setiloane het in Maart 2018 beveel dat die Guptas 15 dae het om die vliegtuig aan die aansoekers terug te besorg of dit by die Lanseria-lughawe in Johannesburg te oorhandig.

Die grootste probleem toe was dat die vliegtuig vir ’n tyd lank letterlik van die wêreld se radarskerms verdwyn het.

Die straler het wel laatnag op 13 April 2018 op Lanseria geland.

Die vliegtuig is sedertdien in Johannesburg gehou.

Joubert sê die oomblik wat ’n vaste aanbod gemaak word, sal dit aan die eienaars voorgelê word en moet hulle besluit of dit aanvaar word of nie.

Meer oor:  Staatskaping  |  Bombardier  |  Korrupsie  |  Vliegtuig  |  Guptas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.