Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Ou lugdiensbaas lei nou Transnet se treine
Siza Mzimela in 2009 in die dae toe dit nog goed gegaan het by SA Express.

Siza Mzimela, ’n vorige uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, is pas as die nuwe hoof van Transnet Freight Rail (TFR) – die eertydse Spoornet – aangestel.

Mzimela was tot onlangs nog waarnemende hoof van SA Express, die staatsbeheerde streeklugdiens wat net soos die SAL nou in sakeredding is.

Dit is ’n sterk deurbraak vir vrouebemagtiging in topbestuursposisies want benewens Portia Molefe, wat einde Januarie as nuwe hoof van Transnet aangestel is, het twee van Transnet se belangrikste filiale nou vroue aan die stuur. Die Transnet Nasionale Haweowerheid (TNPA) word tans gelei deur Nozipho Mdawe as waarnemende hoof.

Die DA is egter krities oor Mzimela se aanstelling by TFR en die party se woordvoerder oor openbare ondernemings, Ghaleb Cachalia, sê hy gaan skriftelik by Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, vra om duidelikheid oor hoe deursigtig die proses was om Mzimela by so ’n kritieke staatsonderneming aan te stel terwyl sy net lugvaart-ervaring en nie die nodige ervaring in die spoorvragbedryf het nie.

Die nuus oor Mzimela se aanstelling by TFR kom kort nadat bekend gemaak is sy dat by SA Express bedank het om ander belange te volg. Sy het in 2018 haar hulp aangebied om sonder vergoeding by SA Express uit te help toe dié sukkelende lugdiens leierloos en in ’n erge geldknyp was. SA Express word nou deur ’n likwidasie-aansoek in die gesig gestaar.

Nadat Mzimela in die middel 2000’s by die SAL weg is, het sy haar eie lugdiensonderneming op die been gebring, maar dit het misluk.

Cachalia meen dit is bisar om Mzimela nou by TFR sonder die nodige ervaring in die spoorvragbedryf aan te stel.

Hy wil weet of daar ’n paneel was wat oor die aanstellingsproses toesig gehou het, wat die kriteria vir die kortlys van kandidate was, en wat die rede was om Mzimela aan te stel gegewe dat sy nie die nodige ervaring het nie.

Molefe, voormalige eggenoot van Brian Molefe, wat self in ’n stadium uitvoerende hoof van Transnet was en daarna by Eskom, het volgens Fin24 in ’n verklaring verduidelik dat Mzimela se aanstelling asook drie ander senior aanstellings noodsaaklik vir stabiliteit by Transnet is.

TFR was voor die koronavirus-pandemie reeds onder druk weens ’n swak ekonomie asook grootskaalse kabeldiefstal wat sy bedrywighede toenemend ontwrig.

Benewens korrupsiebewerings en korporatiewebestuurskwessies waarmee Transnet moet stoei namate dit in die Zondo-kommissie van ondersoek oor staatskaping blootgelê word, moes Transnet sy bedrywighede vir die tyd van nasionale inperking afskaal.

Transnet Port Terminals het personeel by van sy hawens verminder, en bedrywighede word beperk tot noodsaaklike goedere soos landbouprodukte en die invoer van noodsaaklike voorraad.

TFR vervoer steeds steenkool na Eskom-kragstasies, asook noodsaaklike goedere soos brandstof en landbouprodukte. Die vervoer van nienoodsaaklike goedere is gestaak.

Meer oor:  Transnet  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Siza Mzimela  |  Treine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.