Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
‘Ou’ Rice Krispies terug met nuwe duur prys
Die “ou” en “nuwe” Rice Krispies. Foto: Verskaf

Ná meer as ’n jaar waarin Suid-Afrikaners Kellogg’s se “nuwe” geur Rice Krispies blatant geboikot het, is die oorspronklike geur weer op winkelrakke beskikbaar.

Maar teen ’n beduidend hoër prys.

Dit is omdat die gewilde ontbytpap nou van Brittanje ingevoer moet word omdat Kellogg’s nie meer die vermoë het om dit plaaslik te vervaardig nie.

Kellogg’s het in 2018 nuwe weergawes van Rice Krispies, Coco Pops en Strawberry Pops in Suid-Afrika bekend gestel. Dit is nie goed deur verbruikers ontvang nie.

Die oorgang van enkelgraan na volgraan in sowel Coco Pops as Strawberry Pops het verbruikers nie aangestaan nie.

Maar die verandering aan Rice Krispies – wat met Rice Krispies Vanilla vervang is – het groter woede tot gevolg gehad.

Rice Krispies, wat in 1928 die lig gesien het, word tradisioneel van rys en suiker gemaak, wat daarna gerooster word. (Die ryskorrels is hol, en sodra melk bygevoeg word, verkrummel dit, wat die bekende “snap, crackle and pop” veroorsaak.)

Rys maak egter net 48% van Rice Krispies Vanilla uit terwyl oorspronklike Rice Krispies 89,8% daaruit bestaan.

Afgesien van rys bestaan Rice Krispies Vanilla ook uit graanmeel (13%), wat volgens die maatskappy geneties gemodifiseer kan wees, asook volkoringmeel (10%).

Daarbenewens het Kellogg’s baie meer suiker bygevoeg om die “brosheid te verbeter”.

Die nuwe Rice Krispies is bedek in ’n dun lagie suiker wat gelykstaande is aan 1,5 teelepel per porsie.

Dit bevat altesaam 21,7 g suiker vir elke 100 g pap. Voorheen was dit net 9 g suiker vir elke 100 g.

Die skuif na Rice Krispies Vanilla het Kellogg’s vermoedelik geld bespaar aangesien hy plaaslike graan kon benut eerder as om duur rys in te voer.

Suid-Afrika is die wêreld se negende grootste invoerder van rys omdat so min plaaslik (in KwaZulu-Natal) verbou word.

Rice Krispies Vanilla se flou ontvangs deur die mark het waarskynlik ook Kellogg’s se wins geknou.

“Ons het na ons verbruikers geluister en verstaan dat baie verbruikers die oorspronklike Rice Krispies geniet het,” sê Zandi Mposelwa, hoof van buitelandse betrekkinge van Kellogg’s in Afrika suid van die Sahara.

“Daarom het ons besluit om dit weer aan die mark beskikbaar te stel.”

Rice Krispies Vanilla gaan ook nog beskikbaar wees “om aan verskillende verbruikersbehoeftes te voldoen”.

Kellogg’s het in Desember begin om Rice Krispies van Brittanje in te voer.

“Ons voer die produk in omdat ons nie meer plaaslik die vermoë het om dit te vervaardig nie.”

’n 510 g-boks ingevoerde Rice Krispies kos nou sowat R70 teenoor ’n 600 g-boks Rice Krispies Vanilla wat R48 kos. Business Insider

Meer oor:  Kellogg's  |  Kos  |  Ontbyt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.