Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Oud-bankbaas in Foschini-groep se direksie

The Foschini Group het Colin Coleman as ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur aangestel. Dit word op 22 Januarie van krag. Coleman was tot verlede jaar uitvoerende hoof van die internasionale bankgroep Goldman Sachs in Afrika suid van die Sahara.

Colin Coleman, wat tans ’n senior genoot aan die Jackson Institute for Global Affairs aan die Yale-universiteit in die VSA is. Foto: Verskaf

Daily Maverick het in November berig oor gerugte dat pres. Cyril Ramaphosa hom ’n kabinetspos gaan aanbied.

Hy het 25 jaar ondervinding in die internasionale bankbedryf, waarvan hy 20 jaar by Goldman Sachs as hoof van die Suid-Afrikaanse kantoor deurgebring het.

Hy is in 2010 as vennoot van dié bankgroep aangestel.

Hy het voorheen ook vir Standard Bank en JP Morgan gewerk.

CNBC Africa het berig dat hy Goldman Sachs verlaat het om ’n dosent aan die Yale-universiteit se nuwe Jackson Institute for Global Affairs te word.

Vanweë sy betrokkenheid by pogings om beleggings na Suid-Afrika te lok het Coleman die afgelope jaar wyer bekend in die sakebedryf geraak.

Hy het in November aan Bruce Whitfield op 702 se The Money Show gesê hy gaan net ’n jaar lank klasgee.

Hy het gesê hy gaan Suid-Afrika nie verlaat nie, want hy het gesinsverpligtinge hier.

Hy het ook gesê dat hy eersdaags aankondigings oor sy betrokkenheid by die openbare en die private sektore sou kon maak.

Meer oor:  Goldman Sachs  |  Foschini  |  Colin Coleman  |  Cyril Ramaphosa  |  Direksie  |  Bankgroep  |  Kleinhandelaar  |  Direkteur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.