Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Oudit-waghond kry nuwe raad, soek nog baas

Die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (Irba) het ná meer as vier maande sedert sy vorige raad ontbind is ’n nuwe raad en voorsitter.

Fulvio Tonelli

Tito Mboweni, minister van finansies, het die naweek die nuut aangestelde lede van die raad ontmoet.

Die raad het op die vergadering vir Fulvio Tonelli tot voorsitter en vir Naidene Ford-Hoon tot ondervoorsitter verkies.

Mboweni sê hulle moet daarna streef om die geloofwaardigheid van die instelling en die ouditberoep te herstel.

Hy het benadruk dat interaksie tussen die raad, die ministerie en nasionale tesourie voortgesit moet word.

Die onmiddellike taak van die raad is om met die proses te begin om ’n nuwe uitvoerende hoof te kies en aan te stel.

Die personeel se vertroue moet ook herstel word.

Die afgelope 18 maande is as ’n moeilike tyd by Irba beskryf.

Die ander raadslede is: Ruth Benjamin-Swales, Thabiso Kutumela, Nalini Maharaj, Protas Phili, Zine Mshengu, Eugene Zungu, Chuma Mjali en Richard Hawkins.

Irba is sedert einde Januarie sonder ’n raad nadat Mboweni die vorige raad ontbind het. Dié stap het gevolg op talle bedankings sedert ’n nuwe uitvoerende hoof, Jenitha John, aangekondig is, het News24 berig.

LEES OOK: Irba kry nuwe waarnemende hoof ná skandaal

Sy het Junie verlede jaar oorgeneem as uitvoerende hoof. Haar aanstelling het egter groot kritiek uitgelok omdat sy die voorsitter van Tongaat Hulett se ouditkomitee was. Sy het bedank toe die maatskappy aangekondig het hy gaan sy finansiële state vir die jaar tot einde Mei 2018 hersien.

LEES OOK: Herrie oor nuwe Irba-baas se rol by Tongaat

Wie is Tonelli?

Inligting wat aan ’n verklaring van die nasionale tesourie aangeheg is, toon hy is ’n geoktrooieerde rekenmeester en was voorheen ’n geregistreerde ouditeur met meer as 10 jaar se ouditondervinding.

Tonelli is sy hele loopbaan in die ouditberoep en is sedert 1992 ’n ouditvennoot in een van die groot ouditeursfirmas.

Sy ervaring sluit in dat hy die ouditvennoot was vir baie genoteerde ondernemings, soos South African Breweries, die Standard Bank-groep en die FirstRand-groep.

Hy het onlangs by PwC afgetree en dien tans as nie-uitvoerende direkteur van die Absa-groep.

Wie is Ford-Hoon?

Naidene Ford-Hoon

Sy is ook ’n geoktrooieerde rekenmeester en is op die oomblik ’n onafhanklike konsultant. Sy was lid van die departement van justisie se kommissie van ondersoek na die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Haar vorige poste sluit in hoof van adviesdienste by FirstRand, finansiële hoof by die Alexander Forbes-groep en die Reserwebank.

Sy diens tans in die direksies van die genoteerde eiendomsmaatskappy SA Corporate Real Estate en die nie-regeringsorganisasie Knysna Initiative for Learning and Teaching.

Meer oor:  Nasionale Tesourie  |  Irba  |  Ouditeure
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.